On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Drie boere ding mee om Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar-titel

───   05:00 Thu, 03 Mar 2022

Drie boere ding mee om Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar-titel | News Article
Foto: Vrystaat Landbou (Facebook)

’n Graan-, vark- en skaapboer ding vanjaar mee om die titel as Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar.

Sien onderstaande PODCAST

Voorsitter van die VL Jongboer-kompetisie, Rudo Opperman, sê Le Roux Erasmus van Hoopstad, Hennie Venter van Theunissen, en Jaco Burger van Wepener is die finaliste in die kompetisie wat reeds vir die 26ste keer deur Vrystaat Landbou aangebied word.

Hy sê die finaliste is op 21 en 22 Februarie deur VL se beoordeelaarspaneel, onder leiding van die sameroeper en hoof van die Departement van Landbou by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat (SUT), op hul plase besoek om die wenner te bepaal.

Volgens Opperman moet die boere in beheer wees van ‘n spesifike afdeling in die boerdery, saam met sy pa, of in vennootskap met iemand boer. “Hy moet ‘n spesifieke afdeling hê waarin hy beoordeel kan word. Dit kan beide wees - saai en boerdery - of dit kan net een van die twee ook wees. Aspekte rondom dit, soos arbeid en al die ander klein goed, word ook na gekyk,” verduidelik Opperman. 

Die wenner sal op 7 April tydens ? spogdinee in Bloemfontein aangekondig word, sê Opperman. Hy sluit af deur te sê die wenner stap weg met ’n VL-kontantprys, asook ander opwindende pryse van verskeie borge. Die wenner sal outomaties aan die Toyota Agri SA Nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie deelneem.



OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.