On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

‘Diversifiseer is die sleutel tot sukses in landbou’

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 07 Mar 2022

‘Diversifiseer is die sleutel tot sukses in landbou’ | News Article
Foto: Zabion de Wee

‘n Jongboer in die Petrusburg-omgewing in die Vrystaat, Zabion de Wee, raai jong produsente aan om hul boerderye te diversifiseer om risiko te verminder.

Sien onderstaande PODCAST

Dié oud lantie, wat sy matriek by Hoërskool Landboudal in Jacobsdal voltooi het, het nog altyd ‘n passie vir landbou gehad en skryf sy inspirasie aan sy tuisdorp – Trompsburg – toe.

Omdat die natuur bekend is vir sy onvoorspelbaarheid en 'n mens nooit regtig weet hoe droog of hoe nat dit gaan wees nie, is die beste manier om risiko te versprei ‘n gemengde boerdery. Dit het De Wee op 'n vroeë stadium geleer toe hy ná skool sy kennis in landbou en besigheid verbreed het.

Behalwe sy liefde vir landbou, het De Wee ook ‘n groot passie om opkomende boere te help ontwikkel deur onwikkelingswerk by John Deere.

Zabion de Wee, a young male farmer walks in the field with his cattle

Maar die pad van landbou is nie sonder uitdagings nie - soos finansiering vir opkomende produsente ‘n uitdaging is wat, net soos De Wee, talle kere deur ander jong produsente uitgelig is.

De Wee raai egter voornemende produsente aan om nie toe te laat dit hulle afskrik nie, en om eerder solank advies en inligting te bekom oor die verskeie boerdery-opsies.

Sy boodskap aan jongmense is om nie bang of huiwerig te wees om te begin boer nie, en om net te begin.

Daar is ‘n magdom inligting beskikbaar op YouTube en oral op die internet wat maklik bekombaar is. “Maak gebruik van mentors. Gaan na die ou toe wat goed doen met [byvoorbeeld] hoenders, en gaan vra hom wat hy doen om suksesvol te wees, wat die foute is wat jy gemaak het. So, die inligting is daar buite… Gaan woon boeredae by.

“Ons lewe in ‘n era waarin jy nie ‘n landbou-graad hoef te hê om ‘n boer te wees nie of om die landbou te betree nie – die inligting is oral rondom ons.”



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.