Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 15 Mar 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 0,9% gestyg.
Hierdie prysstygings word gestaaf deur die wêreld se landbouvraag- en aanbod voorspellings (WASDE) wat verlede week gerapporteer het dat die wêreld mielie-eindvoorraad afgeneem het weens ‘n verhoging in die industriële-, sowel as voedsel- en saadverbruik. Mielieproduksietoestande in die EU, Indië, Mexiko en Noordelike Brasilië lyk gunstig vir die huidige aanplantings.
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Maandagoggend gemeng verhandel vir die witmieliekontrakte, en vir die geelmieliekontrakte het die mark opwaarts verhandel.
Die verskil tussen die wit- en geelmieliemark prysverhandeling kan toegestaan word aan markdeelnemers wat bekommered is oor voedselsekerheid. In die internasionale markte word geelmielies meestal gebruik, en as gevolg daarvan styg die geelmielieprys skerper.
Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R6/ton (+ 0,14%) hoër verhandel en teen R4 084/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R10/ton (+ 0,24%) hoër verhandel en teen R4 281/ton gesluit.
Suid-Afrikaanse produsente beweeg tans na die 46ste mieliebemarkingsweek vir die mielieproduksiejaar 2021/22.
Sojaboon:
Die CBOT-sojabonekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend merkbaar sterker verhandel met 'n 3,7% prysstyging.
Sojaboonproduksietoestande in Noord-Brasilië lyk gunstig vir die huidige aanplantings, maar toestande in Suid-Brasilië en Argentinië lyk swak.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandagoggend gemeng verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R21/ton (- 0,23%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R9 135/ton.
Suid-Afrikaanse produsente beweeg tans na die 3de sojaboonbemarkingsweek vir die 2022/23 sojaboonproduksiejaar. Die bemarkingsjaar het begin met sterk neigings vir sojaboonkontrakte.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 1,5% gestyg.
Koringproduksietoestande in die Noordelike Halfrond lyk almal gunstig vir die huidige aanplantings.
Die binnelandse koringkontrakte het Maandagoggend in die rooi verhandel vir meeste van die naaste kontrakmaande. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R52/ton (- 0,75%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 878/ton.
Suid-Afrikaanse produsente beweeg tans na die 25ste koringbemarkingsweek vir die 2021/22-koringproduksiejaar. Huidige prysneigings is steeds wisselvallig ná die konflik tussen Rusland en die Oekraïne.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus GraanSA se webtuiste.
OFM-nuus
