On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Springbok-inwoners praat oor hordes sprinkane wat deur dorp beweeg het

───   05:00 Fri, 25 Mar 2022

Springbok-inwoners praat oor hordes sprinkane wat deur dorp beweeg het | News Article
By verskeie besighede het die sprinkane gefladder tot groot ongerief vir inwoners wat inkopies wil gaan doen. FOTO: Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap.

Sprinkaanswerms het vroeër vandeesweek groot ongerief veroorsaak vir inwoners in Springbok in die Noord-Kaap wat inkopies wou doen.

Sien onderstaande PODCAST

Hordes sprinkane is nie meer 'n ongewone gesig in die middedorp van Springbok in die Noord-Kaap nie.

By verskeie besighede het die sprinkane gefladder tot groot ongerief vir inwoners wat inkopies wil gaan doen.

Lees ook: Onvoldoende gif vir sprinkaanbestryding ‘n uitdaging in Noord-Kaap

In woonbuurtes soos Harmony Estate, Bergsig, en Simonsig was die sprinkane ewe tuis.

Raadop inwoners het die Departement van Landbou gesmeek om die insekte te kom bespuit.

Hulle het egter aangedui dat hulle nie in woonbuurtes en die sakekern gif mag spuit nie, maar wel buitekant die dorpsgebied waar die groot swerms moontlik aanwesig is. 

Lees ook: Locust control measures yielding successful results in Northern Cape 

Intussen het AfriForum op Springbok 400L diesel geskenk sodat die sprinkane in die groter Namakwaland en Boesmanland help beveg kan word, volgens hul voorsitter, Sarel Stone.

OFM-nuus het vroeër berig dat een van die uitdagings wat die Departement van Landbou in die gesig staar, ‘n tekort aan gif is om sprinkane effektief te kan bestry.

Dit was volgens Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, wat sê die departement werk hard daaraan om die gif te kan bekom. 

Hy deel dat die departement 600 000 liter van hierdie gif gedurende hierdie seisoen nodig gehad het.

Sprinkaanswerms kan by die Departement van Landbou of betrokke landbou-organisasie aangemeld moet word.

Sprinkaanswerms kan ook by die volgende nommers aangemeld word: De Aar-depot - 053 631 3621, of Upington-depot - 082 457 2906.



OFM-nuus/Isaac Cloete


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.