On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 08 Apr 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Die geelmieliekontrak vir April 2022 het R4/ton laer verhandel teen R4 206/ton.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het ‘n wisselvallige sessie ervaar met pryse wat effens gestyg het in die begin van die sessie, maar teen sluitingstyd het pryse in die rooi verhandel. Pryse verhandel relatief sywaarts op die oomblik met marginale winste en verliese.

Etanolproduksie het gedaal vanaf ‘n hoë vlak die afgelope paar weke, Amerikaanse etanol-voorraad het met 2% gedaal. Kenners verwag dat die Oekraïne se mielie-uitvoer sal halveer in vergelyking met die vorige seisoen.    

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het maar min wisselvalligheid getoon in Donderdag se verhandelingsessie. Die mark was maar gemeng teen sluitingstyd met effens meer verliese as winste. Beide was baie marginaal. Die verskil tussen wit- en geelmielies staan tans op R116.

Witmielie-uitvoer staan tans op 688 073 ton kumulatief en 12 472 ton vir die week wat op 1 April geëindig het. Die grootste aantal witmielie-uitvoer vir die seisoen is na Botswana. Geelmielie-uitvoer staan tans op 2 801 569 ton kumulatief en 112 254 ton vir die week wat op 1 April geëindig het.

Die witmieliekontrak het R27/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 090/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R6/ton laer verhandel teen R4 110/ton.

Die geelmieliekontrak het R4/ton laer verhandel teen R4 206/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie R10/ton laer verhandel om teen R4 260/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het 0,75% laer verhandel ná ‘n rondte tegniese verkope en winsneming, aangespoor deur hoër pryse vroeër in die week. Sojaboonpryse is wel steeds op ‘n goeie vlak.

Kenners verwag dat die reënseisoen wat die tweede oes Suid-Amerikaanse sojabone moet deurtrek, vroeër as verwag gaan eindig. Dit kan die produksieverwagtinge verder onder druk sit. Tot op hede lyk die tweede oes aansienlik beter as die eerste oes.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het besonderse lae wisselvalligheid getoon in Donderdag se sessie. Die April-kontrak het positief verhandel en die Mei- en Julie- kontrakte negatief.

Die sojaboon April ’22-kontrak het R13/ton sterker verhandel teen R8 513/ton. Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R2/ton swakker verhandel teen R8 520/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het teen R8 620/ton, R5/ton swakker verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het die afwaartse tendens van mielies en sojabone gevolg weens oorspoel swakheid vanaf die twee kommoditeite, en ‘n rondte tegniese verkope en winsneming het verder druk op pryse geplaas.

Onsekerheid oor die kwaliteit van die Amerikaanse oes en moontlike lae wêreldvoorraad het verliese op ‘n minimum gehou. Die Oekraïnse uitvoer kan moontlik tot en met 14% daal teenoor die vorige seisoen en produksie tot en met 38%.

Australiese produsente is baie optimisties oor die 2022/23 seisoen ná goeie reën. Australië kan moontlik die wêreld se derde grootste koringprodusent wees vir die 2022/23 seisoen.

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het die beste presteer met pryse wat tot en met 1% gestyg het. Winste was wel maar marginaal.

Suid-Afrika het tans 823 220 ton koring ingevoer vir die seisoen en 60 266 ton vir die week wat op 1 April geëindig het.

Die koring April '22-kontrak het teen R6 850/ton verhandel, R30/ton hoër. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 869/ton verhandel, R58/ton hoër.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.