Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 29 Apr 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 1,9% gestyg.
Die weeklikse etanolproduksieverslag het aangedui dat 'n gemiddeld van 963 000 vate per dag vir die week geëindig 22 April geproduseer is. Dit is die derde week dat produksie nie die 1 000 000 bpd-maatstaf bereik nie. Die USDA sal die weeklikse uitvoerverkopeverslag vrystel en die verwagting is dat uitvoerverkope tussen 1 587 583 ton en 2 659 520 ton sal wissel.
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdagoggend skerp opwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R130/ton (+ 2,92%) gestyg om teen R4 576/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R130/ton (+ 2,84%) hoër verhandel om teen R4 711/ton te sluit.
Transnet het aangekondig dat die force majeure, as gevolg van die swaar reën in KwaZulu-Natal, tot Junie verleng is. SAGIS sal na verwagting die weeklikse invoer- en uitvoersyfers bekend maak, wat 'n duideliker aanduiding sal gee van hoe mielie-uitvoer beïnvloed is.
Sojaboon:
Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 1,4% gestyg.
Die USDA sal die weeklikse uitvoerverkopeverslag vrystel en die verwagting is dat uitvoerverkope tussen 500 762 ton en 1 551 273 ton sal wissel.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdagoggend weer met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R195/ton (+ 2,07%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 612/ton.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 1,7% gestyg.
Die Rusland/Oekraïne-konflik duur nou al byna drie maande. Rusland het 'n brug op een van die Oekraïne se groot spoorwegroetes gebombardeer, wat uitvoer nou verder kan vertraag. Koringpryse word ook ondersteun deur die vertraging van die Amerikaanse lentekoringaanplanting hierdie seisoen.
Die binnelandse koringkontrakte het Donderdagoggend skerp opwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R109/ton (+ 1,47%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 500/ton.
Transnet het aangekondig dat die force majeure, as gevolg van die swaar reën in KwaZulu-Natal, tot Junie verleng is. SAGIS sal na verwagting die weeklikse invoer- en uitvoersyfers bekend maak, wat 'n duideliker aanduiding sal gee van hoe koringinvoer beïnvloed is. Plaaslik is koringprodusente besig om die nuwe koringoes te plant.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
