On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister lê begrotingsrede ter tafel

───   11:27 Thu, 12 May 2022

Landbounuus-podcast: Minister lê begrotingsrede ter tafel | News Article
Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, sal vanaand haar 2022/23-begrotingsrede vir haar departement ter tafel lê.

Didza sal na verwagting in haar toespraak fokus op ernstige sake wat verband hou met die mandaat van die Departement. Die Minister sal ook 'n media-inligtingsessie voor die begrotingsrede by die Imbizo-sentrum van die Parlement in Kaapstad hou, waar sy hoogtepunte van die begrotingsrede sal uitlig en die Landbou-verwerkingsmeesterplan met sleutelbelanghebbendes in die Landbousektor sal onderteken.

Op 31ste wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het die Cape Wools Merino aanwyser met 4.5% vir nie-RWS en 2.8% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R168.05/kg en R179.53/kg, onderskeidelik gesluit. Die Rand het 1.6% swakker verhandel teen die VSA Doller en 1.9% verloor teen die Euro, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling. Daar is in totaal 8 996 bale aangebied, waarvan 81.6% verkoop is. Op die OVK veiling is 1 766 bale aangebied, waarvan 76.3% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R233.10/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot AH van 17.2 mikron, uit die skeersel van Stephko (PTY) LTD, vanuit die Molteno distrik. Die koper was G.Modiano SA. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 18 Mei, waar sowat 8 513 bale aangebied sal word.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het in sy jongste seisoenale klimaatverslag aangedui dat ondergemiddelde reënval oor die meeste dele van die land, behalwe vir die sentrale en oostelike kusgebiede, in Mei, Junie en Julie verwag word. Beide maksimum en minimum temperature sal na verwagting vir die grootste deel van die land bogemiddeld wees tot einde Julie, behalwe vir dele van die Noord-Kaap en die Oos-Kaap. Cobus Olivier, voorspellings-navorsings-wetenskaplike by die weerdiens, het dit aan die feit dat La Niña-verskynsel toegeskryf. Voorspellings dui egter daarop dat dit waarskynlik in die komende seisoene na 'n neutrale toestand sal terugkeer.




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.