On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 24 May 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het 0,5% laer verhandel na ‘n rondte tegniese verkope en winsneming aangespoor deur ‘n vinniger aanplantings spoed in die afgelope week en oorspoel swakheid vanaf koring.

Die lente-aanplantingseisoen in die Oekraïne is tans 98% voltooi, maar is 25% kleiner as die vorige jaar. 

Plaaslik: Daar was min wisselvalligheid op die plaaslike mieliemark. Meeste kontrakte het egter aan die positiewe kant gesluit, maar winste was maar marginaal. Die verskil tussen wit- en geelmielies is tans R69.

Die witmieliekontrak het vir Mei R38/ton sterker verhandel vir die dag om teen R4 661/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R54/ton sterker verhandel teen R4 666/ton.

Die geelmieliekontrak vir Mei 2022 het R2/ton laer verhandel teen R4 730/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie het teen R4 741/ton verhandel.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het goed presteer in die vorige verhandelingsessie. Pryse is 0,5% sterker na ‘n rondte tegniese aankope weens oorspoel sterkte vanaf koring- en energiepryse. Verder ondersteun lae internasionale voorraad en stadige vordering in die huidige plant seisoen die sojaboon prys.

Sojaboonuitvoere is 30% laer as die vorige vier-week gemiddeld met China en Egipte as die voorste invoerders. Brasiliaanse uitvoere vir April is 28% laer as in April 2021. Kenners voorspel dat weens groot pers getalle, kan Egipte se sojaboon invoere met 1% toeneem.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ‘n goeie vertoning gehad met pryse wat tot en met 1,29% gestyg het na aanleiding van ‘n sterk Amerikaanse mark.

Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R64/ton hoër verhandel teen R9 080/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R45/ton hoër verhandel teen R9 180/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het teen R9 290/ton, R53/ton hoër, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmarkpryse het vir die derde sessie in ‘n ry swakker verhandel. Dit wys net dat as pryse hoog is, dan is daar moontlikheid vir tegniese verkope en winsneming. Die fundamentele aspekte wat hoë pryse ondersteun is steeds teenwoordig.

Fraanse sagte koring toestande gaan steeds agteruit weens warm, droë weer. FranceAgrimer rapporteer dat 73% van die 2021/22 oes is nou in goed tot uitstekende posisie, nege punte laer as die vorige seisoen.

Plaaslik: Die plaaslike koringpryse het goed presteer in vergelyking met die Amerikaanse mark. Pryse het gemeng gesluit maar meeste land die positiewe kant met pryse wat tot en met 1.12% gestyg het.

Die koring Mei '22-kontrak het teen R8 304/ton verhandel, R93/ton sterker. Die koring Julie '22-kontrak het teen R8 204/ton verhandel, R56/ton sterker.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.