On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vleispryse het goed gestyg

───   ELSABÉ RICHARD 17:48 Tue, 07 Jun 2022

Landbounuus-podcast: Vleispryse het goed gestyg | News Article

Vleispryse het sedert die laaste drie jaar goed gestyg tot die huidige goeie pryse in die mark.

Professer Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat, oordeel dat dit niks buitengewoon is nie. Hy sê daar is ‘n tekort aan lammers oor die algemeen en die goeie landboutoestande dra ook verder by tot die pryse. Maré dink dus nie dit is abnormale toestande nie, gesien in die lig van mieliepryse wat ook hoog is. Hy dink dit is ‘n uitstekende jaar vir skaapprodusente.

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat het onlangs met die provinsiale Departement van Polisie, Paaie en Vervoer vergader oor die toestand van paaie in die Oos-Vrystaat. Jan van Niekerk, die leier van die party in die Vrystaat, sê amptenare het onderneem om materiaal om slaggate tydelik op te vul, asook pype en skrapers binne beperkte hulpbrone te voorsien.

EN

Baie koue toestande word veral in Julie verwag. Volgens Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, toon vooruitsigte dat daar baie koue nagte voorlê, met minimum temperature van onder vriespunt. Inwoners kan selfs sneeu verwag. Van den Berg voeg intussen by dat daar ook 'n moontlikheid vir reën ontstaan.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.