On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere moet weet hoe om diere met brandwonde te behandel

───   ELSABÉ RICHARD 14:02 Thu, 09 Jun 2022

Landbounuus-podcast: Boere moet weet hoe om diere met brandwonde te behandel | News Article
PHOTO: Photoexpress

Boere moet hulself vergewis met die nodige kennis van hoe om diere wat tydens veldbrande beseer is, te behandel.

Professor Gareth Bath, voorsitter van die koördineringskomitee vir die welsyn van lewendehawe, voeg by dat spoedige en gepaste verstandige optrede tydens veldbrande noodsaaklik is om beide verliese en dierelyding tot 'n minimum te beperk. Hy sê vir vee hang die prognose af van die erns van die brandwonde, en dat dit noodsaaklik is om die assessering van die betrokke diere op 'n sistematiese wyse te doen. Hy deel dat diere in drie kategorieë verdeel moet word, naamlik diere wat lig geraak is, diere wat matig geraak is en diere wat ernstig geraak is.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het intussen 'n waarskuwing uitgereik vir moontlike veldbrande wat Vrydag in die Garies en Springbok-omgewings in die Noord-Kaap kan ontstaan. Die weerdiens waarsku dat toestande gunstig is vir brande om vinnig te ontwikkel en versprei, wat skade aan eiendom en moontlike verlies van mense- en/of dierelewe tot gevolg kan hê.

NWK, wat Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy is, het onderneem om 'n grondpadprojek in samewerking met Agri NW aan te pak. Die organisasie sê in 'n verklaring dat sowat 125 km se grondpaaie reeds in die platteland van Noordwes geskraap is sedert 'n grootskaalse projek verlede week van stapel gestuur is, waarvolgens ongeveer 400 km se grondpaaie in die platteland meer toeganklik gemaak word. Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van NWK, sê die provinsie se paaie is in 'n haglike toestand. Hy sê groot skade word deur elke persoon wat paaie gebruik, gely.

EN

Die Noord-Kaap het 96 diptenks vir skape en een diptenk vir beeste. Dit is volgens die nasionale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Die departement het dié skriftelike antwoord bekend gemaak nadat die DA se Noko Masipa gevra het wat die aantal diptenks vir skape en beeste in die Noord-Kaap is. Die departement het ook bygevoeg dat daar 23 diptenks vir beeste in Noordwes is en dat die provinsie geen diptenks vir skape het nie.




OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.