Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 28 Jun 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 0,5% gestyg.
Hierdie Donderdag sal die USDA die geplante hektaar en kwartaallikse voorraadopdatering vrystel. Hierdie verslag sal die mark 'n meer presiese aanduiding gee van VSA-aangeplante hektaar sowel as Amerikaanse voorraad vir die tweede kwartaal. Hierdie verslae word verwag en markte is geneig om skerp te reageer op die inligting wat ontvang word.
Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Maandag sterk opwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R96/ton (+ 2,24%) geklim om teen R4 380/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R62/ton (+ 1,43%) hoër verhandel om teen R4 387/ton te sluit.
Vir die week geëindig 24 Junie is 'n totaal van 99 019 ton mielies uitgevoer. Daarvan was 5 439 ton witmielies en 93 580 ton geelmielies. Witmielies bly effens agter die uitvoertempo wat nodig is om plaaslike uitvoervoorspellings te bereik. Vir hierdie bemarkingseisoen is 18% van die totale mielies wat vir uitvoer voorspel word, uitgevoer.
Sojaboon:
Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Maandagoggend met 1,1% gestyg.
Die nuwe Amerikaanse sojaboonoes kan dalk 'n deksel hou op verhoogde pryse met die aansienlik hoër aangeplante hektare sojabone vanjaar. Ons sal egter eers aan die einde van Junie 'n aanduiding van opbrengste hê. Sterk produksie sal help om die wêreldwye vraag te bedien. Amerikaanse vraag na biobrandstofproduksie kan Amerikaanse voorrade wat vir uitvoer beskikbaar is, belemmer.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandagoggend met sterk opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2022 met R8/ton (+ 0,09%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R8 490/ton. Suid-Afrikaanse sojaboonprodusente het 1 946 301 ton aan kommersiële silo's gelewer tot op datum. Dit is bo die CEC-voorspelling van 1 930 700 ton, sowel as die 3-jaar-gemiddelde aflewerings tot dusvêr.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend 1,45% laer verhandel.
Wêreldwye produksietoestande wek kommer vir wêreldwye koringvoorraad. Meer spesifiek droë toestande in die EU en die VSA. Droë toestande in Spanje, Frankryk en Kanada verleen bykomende ondersteuning as gevolg van moontlike opbrengsverminderings. Die meeste lande in die Noordelike Halfrond is aan die gang met die winterkoringoesproses - wat 'n mate van afwaartse druk tot kontrakpryse verleen.
Die binnelandse koringkontrakte het Maandag effens swakker verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2022 met R44/ton (- 0,59%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 364/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R121/ton (- 1,70%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 995/ton.
Koringinvoer vir die week geëindig 24 Junie het 14 195 ton beloop. Die kumulatiewe totaal van koringinvoer vir die 2021/22-bemarkingsjaar beloop 1 168 201 ton. Die totale koringinvoer vir die 2021/22-bemarkingsjaar maak 79% van die beraamde invoer uit. Dit is voor die vorige seisoentempo van 71% en die vyfjaar-gemiddelde van 60%.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
