On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Noord-Kaap-president gesels oor hoë brandstof-, Safex-pryse

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 04 Jul 2022

Agri Noord-Kaap-president gesels oor hoë brandstof-, Safex-pryse | News Article

Hoë kunsmis- en brandstofpryse, sowel as voortdurende swaar reën in sekere dele van die land, is nou al vir ‘n geruime tyd aan die orde van die dag.

Landbou-organisasies, soos Agri Noord-Kaap, spreek gereeld hulle kommer uit oor die bekostigbaarheid van plaasinsette. 

Nicol Jansen, president van dié organisasie, sê prysstygings plaas ‘n demper op boere se vermoë om effektief te kan boer. 

Sien onderstaande PODCAST

Jansen beskryf die hoë brandstofpryse as ‘n inkomste-dief. 

Hy meen dat die uitdaging wat ontstaan, vanweë die hoë prys van brandstof, is die grootmaataankope wat vulstasies en verspreiders moet doen wat geweldig kapitaalintensief is.

ALSO READ: Government to debate fuel prices

Die oorlog in die Oekraïne weens Rusland se inval in dié land, het uitgewys hoe afhanklik die landbousektor van hierdie twee lande is. Jansen voeg by dat Rusland die derde grootste produseerder van ru-olie is, sowel as die tweede grootste vloot olieskepe het.

“Met die sanksies teen Rusland is daar ‘n tekort aan skepe om die olie te vervoer, en gevolglik skiet die vervoer van olie oor die wêreld heen die hoogte in.

“Dit alles dra by tot die styging in brandstofpryse – wat landbou baie negatief raak, veral in oes- en planttyd vir die besproeiingsareas.”

Graanpryse

Jansen sê verder dis nie net die prys van brandstof wat boere kopseer gee nie, maar ook die pryse van mielies op Safex.

LEES OOK: Sonneblomoeste lyk goed ten spyte van baie reën

Hy sê die mielies wat tans op die lande staan is vóór die Russiese oorlog geprys en met die eerste opwaartse prysbeweging, het boere van die beter prys gebruik gemaak om risiko van prysdaling te verskans, “minwetend dat [Vladimir] Putin sulke oorlogplanne het... wat veroorsaak dat die kunsmispryse verdriedubbel en die brandstofprys van R16,00 na R24,00 gestyg het.”

Hy deel verder dat die prys van mielies ook met ‘n R1 000 ‘n ton gestyg het, maar dat die styging te laat kom vir boere wat reeds hulle mielies op Safex geprys het. “Die geweldige skommeling in Safex maak dit uiters moeilik om reg te prys.

LEES OOK: Rusland-Oekraïne-konflik het landboukommoditeite só geraak

“Verder het die prys weer met ongeveer R300,00 per ton gedaal terwyl dit reën en boere nie kan stroop en lewer nie.

“Boere kan nie verder prys voor die oes af is nie en nie presies weet wat die opbrengs is wat gerealiseer is nie.”

Jansen sluit af deur te benadruk dat hierdie prysskommelings op die termynbeurs van graan die bepaling van die boer se pryse baie uitdagend maak.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.