On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Prys van petrol en diesel styg Woensdag

───   ELSABÉ RICHARD 14:11 Tue, 05 Jul 2022

Landbounuus-podcast: Prys van petrol en diesel styg Woensdag | News Article
PHOTO: MISA

Die prys van petrol en diesel sal na verwagting op 6 Julie met onderskeidelik soveel as R2,57 en R2,31 'n liter styg.

Volgens Paul Makube, Senior Landbou-ekonoom by FNB, kan verbruikers nou tot R25,53 per liter vir diesel betaal. Hy voeg verder by dat produsentepryse onlangs vinniger as die verbruikerspryse versnel het. Dit weerspieël die impak van die toenemende kostedruk, wat voortspruit uit 'n kombinasie van brandstofpryse en beperkte beskikbaarheid van sekere insette as gevolg van die globale voorsieningsketting-bottelnekke. Die krisis in wêreldwye ru-oliehandel duur voort met 'n voortslepende oorlog tussen Rusland en die Oekraïne, en gevolglike produksie-uitdagings in Libië.

EN

Alhoewel Julie-maand nie so intens koud gaan wees soos voorheen voorspel is nie, kan Sentraal Suid-Afrikaners hulself hierdie week voorberei vir lae temperature. Nadat ‘n frontale stelsel gedurende die naweek oor Kaapstad beweeg het, het ‘n sogenaamde somerstelsel begin ontwikkel wat ‘n wolkmassa oor Namibië, dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en die Noordwes ingedruk het. Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, sê dat sê egter hierdie is nie reënwolke nie. Wat reënvooruitsigte betref sê Van den Berg Korttermyn-weervooruitsigte, wat Augustus insluit, toon nie dat reën in Sentraal Suid-Afrika verwag word nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.