Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 11 Jul 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mark het effens hoër verhandel in die vorige sessie en het beskeie winste getoon na ‘n paar wisselvallige en negatiewe verhandelingsessies. Pryse het ondersteuning gevind nadat vrese oor ‘n ekonomiese resessie effens verlaag het. Oorspoel sterkte vanaf die energie mark en swakker as verwagte gewastoestande het pryse verder ondersteun.
Weervoorspellings bly ongunstig in die nabye toekoms, hierdie toestande laat produsente bekommerd oor internasionale voedselsekerheid. Amerikaanse spotpryse verhandel tans hoër as die verdere kontrakte.
Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het goed presteer in Vrydag se sessie na aanleiding van ‘n sterk Amerikaanse mark. Dit is die tweede dag wat mielies goed presteer het. Witmielies het tot en met 1% gestyg en geelmielies 1,6%. Witmielies is tans R44 duurder as geelmielies.
Die witmieliekontrak het vir Julie R40/ton duurder verhandel vir die dag om teen R4 324/ton te sluit. Wit mielies vir lewering in September het R45/ton duurder verhandel teen R4 364/ton.
Die geelmieliekontrak vir Julie 2022 het R36/ton sterker verhandel teen R4 280/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in September teen R4 330/ton verhandel.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het mielies hoër gevolg in die vorige sessie, aangedryf deur verlaagde resessie-vrese. Oorspoel sterkte vanaf die energiemark en mielies het pryse ook ondersteun. Droë toestande vir die nabye toekoms bly steeds ‘n probleem vir produsente wat handelaars genoodsaak het om aan ‘n rondte tegniese aankope deel te neem.
Oorspoel vanaf ‘n positiewe sojaboonolie mark het pryse verder ‘n hupstoot gegee. Handelaars glo dat die sojaboonmark tegnies oorverkoop is en dat aanwysings ‘n effense ommeswaai kan beteken.
Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het ook gemeng gesluit maar meestal aan die negatiewe kant met die Desember kontrak wat 1,5% verloor het. Pryse bly gebuk onder internasionale druk.
Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R64/ton sterker verhandel teen R8 240/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het R70/ton hoër verhandel teen R8 374/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het teen R8 538/ton, R85/ton sterker, verhandel.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het ook hoër verhandel in die vorige sessie. Die Dollar het effens ondersteuning verloor na verlaagde resessievrese en swak planttoestande in Argentinië het die mark ondersteun. Egipte maak tans groot koring-aankope weens verlaagde pryse en lae voorraad.
Argentinië het sy vooruitskatting vir koringproduksie verlaag nadat ongunstige weerstoestande en hoë insetkostes daartoe gelei het dat die aantal hektare aangeplant verlaag het, en moontlike lae opbrengste. Argentinië is die wêreld se sesde grootste koringuitvoerder. Daar word verwag dat Brasilië ‘n rekord aanplanting koring gaan hê in die komende seisoen nadat hoë pryse produsente aangespoor het om te plant. Ondanks hoë insetkostes en droeër weervooruitsigte verwag Brasilië dat opbrengste met 10,3% kan verhoog.
Plaaslik: Die plaaslike koringmark was die ligpunt in die tonnel met pryse wat aan die positiewe kant verhandel het. Pryse het tot en met 2,1% gestyg.
Die koring Julie '22-kontrak het teen R7 555/ton verhandel. Die koring September ’22-kontrak het teen R7 265/ton verhandel, R135/ton sterker.
