On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Party vra vir herinstelling van landelike veiligheidseenhede ná Kestell-plaasmoorde

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 19 Jul 2022

Party vra vir herinstelling van landelike veiligheidseenhede ná Kestell-plaasmoorde | News Article

Die DA in die Vrystaat vra vir die dringende herinstelling van landelike veiligheidseenhede ná ’n wrede plaasaanval buite Kestell waarin sewe mense gesterf het.

Die party se Bea Campbell-Cloete sê hoewel die provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, die mobilisering van maksimum hulpbronne beveel het om die oortreders op te spoor, is dit alleen nie voldoende om die werklike en dringende bedreiging van hierdie gruwelike plaasmoorde te hanteer nie. 

Sien onderstaande PODCAST

Die landelike beveiligingsplan het reeds in 1998 begin, sê Campbell-Cloete. Sy voeg egter by dat daar tot op hede steeds baie van die landelike dorpe is wat nie dié beveiligingsplan in plek het nie.

LEES OOK: #NuusPasIn: Sewe mense op plaas buite Kestell vermoor

“Selfs in dorpe soos Kestell, waar die plaasmoorde plaasgevind het, was daar so ‘n eenheid. Maar as gevolg van druk en een van die konstabels wat aan die hoof van die plan gestaan het, wat siek geword het en op siekverlof gegaan het, is die span net nie weer in die lewe geroep nie,” vertel Campbell-Cloete.

ALSO READ: Two arrested for Kestell farm murders

Sy verduidelik dat die landelike beveiligingsplan kwessies insluit wat handel oor grondbesetting, plaasaanvalle, plaasbeveiliging, polisiëring van plase, asook hoe die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) betrokke is by patrollies.

Die DA het ook ‘n landelike veiligheidsplan aan die nasionale regering voorgelê. Dié plan sluit in landelike beveiligingsgroepe wat die GPF en spesialiste betrokke kan kry. Dit vereis ook dat daar visuele polisiëring by plase en in plaasgemeenskappe moet wees, en stel voor dat tegnologie, soos hommeltuie en tweerigting radiostelsels, gebruik moet word.

ALSO READ: Maluti-A-Phofung's executive mayor condemns Kestell farm murders

Die polisie in die Vrystaat het intussen twee verdagtes in hegtenis geneem vir die moord op sewe mense, wat ses vroue en 'n 17-jarige seun insluit. Die slagoffers is dood in 'n huis op die Lismor-plaas buite Kestell deur die plaaseienaar aangetref.

Die verdagtes het Maandag 18 Julie in die Kestell-landdroshof verskyn. Die saak is tot Woensdag 20 Julie uitgestel vir borgtogaansoeke.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.