On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 26 Jul 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: OFM-nuus.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 1,98% gedaal.

Die Swart See-uitvoerooreenkoms wat deur Rusland en die Oekraïne onderteken is, het wisselvalligheid en afwaartse druk op huidige pryse veroorsaak. Ná 'n bomaanval op die Odessa-hawe Sondag, bly die ooreenkoms egter onseker. Wêreldaanbod bly stram met veral sterk vraag in die EU - afgelei van verhoogde invoer.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Maandag effens afwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Augustus 2022, R60/ton (- 1,43%) geval om teen R4 141/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Augustus 2022, R54/ton (- 1,31%) laer verhandel om teen R4 066/ton te sluit.

Vir die week geëindig 15 Julie is 'n totaal van 83 967 ton mielies uitgevoer. Daarvan was 7 607 ton witmielies en 76 360 ton geelmielies. Weer eens oortref die geelmielies die uitvoertempo wat nodig is om plaaslike uitvoervoorspellings vir die 2022/23-bemarkingsjaar te haal. Kumulatiewe geelmielie-uitvoer wat vir die volgende agt weke aangedui word, indien gerealiseer, sal bo die vorige seisoene, sowel as die vyf-jaar gemiddelde pas neig.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Maandagoggend met 6,42% gedaal.

Sterk vraag na sojabone van Amerikaanse oorsprong het die mark ondersteun, ten spyte van die einde van Suid-Amerikaanse oeste. Die huidige fokus is Amerikaanse weer oor die komende maande vir die 2022/23-oes. Langtermyn, blyk dit of globale eindvoorrade tans gaan toeneem.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandagoggend met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2022 met R8/ton (- 0,10%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 892/ton.

Suid-Afrikaanse sojaboonprodusente het reeds 2 090 429 ton aan kommersiële silo's gelewer. Plaaslike produsente het 99% van die totale geskatte oes gelewer. Sojaboonlewerings is ver bo die vorige seisoen se lewerings, tot op datum, sowel as die driejaargemiddelde.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend 5,85% laer verhandel.

Die Swart See-uitvoerooreenkoms wat deur Rusland en die Oekraïne onderteken is, het wisselvalligheid en afwaartse druk op huidige pryse veroorsaak. Na 'n bomaanval op die Odessa-hawe Sondag, bly die ooreenkoms egter onseker. Met die EU en die VSA wat besig is om te stroop, bly weerstoestande 'n uitkykpunt.

Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met effens afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2022 met R65/ton (- 0,88%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 300/ton. Die Desember 2022-koringkontrak het met R13/ton (- 0,18%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 025/ton.

Koringinvoer vir die week geëindig 15 Julie het 50 871 ton beloop. Die kumulatiewe totaal van koringinvoer vir die 2021/22-bemarkingsjaar beloop 1 321 373 ton. Die totale koringinvoer vir die 2021/22-bemarkingsjaar maak 84,0% van die beraamde invoer uit. Koringinvoer is tot dusver baie effens agter die vorige seisoentempo van 90% en voor die vyfjaargemiddelde van 68%.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.