On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: China-verbod op woluitvoer steeds in plek

───   ELSABÉ RICHARD 15:06 Wed, 10 Aug 2022

Landbounuus-podcast: China-verbod op woluitvoer steeds in plek | News Article
PHOTO: Gallo

Die eerste wolveiling van die 2022/23-seisoen is om die draai en China se verbod op woluitvoer weens uitbrekings van bek-en-klouseer in dele van Suid-Afrika, is steeds in plek.

Die algemene bestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, Leon de Beer, sê optrede is nodig van die Suid-Afrikaanse regering aangesien die verbod verwoestende gevolge vir veral kleinskaalse wolprodusente en werkers inhou. Die organisasie en Agri SA het in ‘n gesamentlike verklaring die verbod as onregverdig bestempel en vrees dat dit die lewensbestaan van die bedryf se 35 000 werkers, sowel as 4 500 seisoenale skaapskeerders en wolhanteerders, bedreig. De Beer sê die eerste veiling van die seisoen is vir 17 Augustus geskeduleer.

Polisie in die Vaal het 'n man in hegtenis geneem nadat hy in besit van vermoedelik gesteelde vee gevind is. Altesaam 22 skape en 16 bokke, wat in 'n motorhuis versteek was, is deur die polisie gevind. Dié ontdekking volg nadat die polisie 'n klag van 'n plaaseienaar ontvang het. Die polisie het snuffelhonde ingespan, wat hulle na 'n hut in Evaton gelei het waar die vee in 'n motorhuis versteek was. ’n Ongelisensieerde vuurwapen is ook in die besit van die verdagte gevind. Die polisie-ondersoek duur voort, met nog inhegtenisnames wat verwag word.

EN

Grondgesondheid is een van die belangrike aspekte wat produsente in ag moet neem voordat hulle begin plant. Volgens dr. Elmarie Kotzé, senior lektrise by die Universiteit van die Vrystaat, kan dit moeilik wees om grondgesondheid te meet, maar sy voeg by dat daar verskeie maniere is om vas te stel of grond gesond is of nie. Kotzé raai boere aan om van organiese materiaal gebruik te maak om te verseker dat grond gesond en vrugbaar bly. Organiese materiaal dien hoofsaaklik as die voedselbron vir organismes, wat ‘n belangrike rol in die gehalte en gesondheid van grond speel.




OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.