On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 15 Aug 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 1,29% gestyg.

Voor Vrydag se WASDE-verslag verwag ontleders dat Amerikaanse mielieproduksie effens sal daal.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag effens opwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Augustus 2022, met R43/ton (+ 1,01%) geklim om teen R4 280/ton te sluit. 

Die geelmieliemark het vir lewering in Augustus 2022, R29/ton (+ 0,70%) hoër verhandel om teen R4 226/ton te sluit. Volgens die jongste produsenteleweringsverslag is altesaam 753 257 ton mielies vir die week geëindig 5 Augustus kommersieel gelewer. Daarvan was 501 723 ton witmielies en 251 534 ton geelmielies. 

Aan die begin van die bemarkingsjaar het produsentelewerings effens agtergebly, dit is as gevolg van die oormaat reënval wat produsente verhinder het om die oesproses te oes. Die stroopproses het egter weer opgetel, nou effens voor die vyf-jaar gemiddelde. 

Vir die 2022/23-bemarkingsjaar is 69% van die beraamde oes gelewer. Witmieliekwaliteit is vandeesweek afwaarts hersien van 74,59% WM1's tot 74,28%; en van 21,19% WM2's tot 21,62%.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydagoggend met 1,23% gestyg.

Voor die WASDE-verslag wat Vrydag vrygestel gaan word, verwag analiste dat die VSA sojaboonproduksie effens sal daal.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Augustus 2022 met R112/ton (+ 1,28%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R8 830/ton.

Volgens die jongste produsenteleweringsverslag is 'n totaal van 3 684 ton sojabone kommersieel gelewer vir die week wat op 5 Augustus geëindig het. Die totale kommersiële aflewerings is tans 2 101 072 ton. Vir die 2022/23-bemarkingsjaar is 98% van die beraamde oes gelewer. 

Aan die begin van die bemarkingsjaar het produsentelewerings effens agtergebly. Dit is as gevolg van die oormaat reënval wat produsente verhinder het om te oes.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend 1,38% hoër verhandel.

Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met effens opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Augustus 2022 overanderd verhandel op R7 040/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R56/ton (+ 0,82%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 881/ton.

Volgens die jongste produsenteleweringsverslag is altesaam 667 ton kommersieel gelewer vir die week geëindig 5 Augustus. Die totale kommersiële aflewerings is tans 2 237 377 ton. Vir die 2021/22-bemarkingsjaar is 98% van die geskatte oes gelewer. 

Produsente is tans in die 46ste bemarkingsweek van die 2021/22-bemarkingsjaar, met die nuwe seisoen wat nader kom. Kommer word uitgespreek oor die Swartland en Suid-Kaap wat ondergemiddelde reënval in kritieke stadiums van gewasontwikkeling ervaar. Die maand September sal nadelig wees vir opbrengspotensiaal.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.