On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaat Premier belê in bek-en-klouseer bewusmakingsvergadering

───   ELSABÉ RICHARD 13:50 Tue, 23 Aug 2022

Landbounuus-podcast: Vrystaat Premier belê in bek-en-klouseer bewusmakingsvergadering  | News Article
Minister van Landbou, Thoko Didiza.

Die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, sal na verwagting 'n bek-en-klouseer bewusmakingsvergadering met alle provinsiale LURe en burgemeesters belê.

Dié bewusmakingsvergadering volg nadat die Minister van Landbou, Thoko Didiza, Maandag met Ntombela vergader het in 'n poging om die hulp van die provinsiale regering te bekom en om die 21 dae lange verbod op die beweging van beeste te verduidelik, wat weekliks deur die regering hersien sal word. Didiza het haar kommer uitgespreek nadat bek-en-klouseer op 22 plase in die Vrystaat bevestig is. Die meerderheid van die geaffekteerde plase is in Marquard en Viljoenskroon geleë, terwyl daar onlangs positiewe bek-en-klouseer gevalle op een plaas in Bethlehem bevestig is.

Die verwagting is dat graanpryse nog vir die afsienbare toekoms hoog sal bly, namate die Oekraïne weer graan begin uitvoer het. Volgens dr. Kobus Laubscher, ‘n landbou-ekonoom, kan die versterking in die Rand se waarde ‘n demper plaas op pryse. Hy verduidelik verder dat die jongste ramings is dat daar miljoene tonne graan in die Oekraïne opgeberg is, gegewe die rekordoes wat daardie land verlede jaar gehad het. Laubscher sê egter dat logistieke uitdagings kan bydra dat die Oekraïne nie al sy graan na ander lande uit kan voer om versagting van pryse te bewerkstellig nie.

EN

Temperature in September sal na verwagting bo 25 grade Celsius styg. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, sê egter produsente kennis moet neem dat alhoewel temperature gaan styg, vooruitsigte ook toon dat daar weer kouefronte in September en Oktober verwag kan word, wat tot ryp kan lei. Wat reënval betref, sê Van den Berg weervooruitsigte dui daarop dat die somerreënval in die tweede deel van Oktober kan begin.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.