Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 26 Aug 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend marginaal met 0,85% gestyg.
Pryse word steeds ondersteun deur die langdurige droogte in die VSA en die EU - wat dalk druk op 'n reeds knap wêreldwye aanbod kan plaas.
Die plaaslike Safex-mieliekontrakte het Donderdag met effense afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in September 2022, R36/ton (- 0,80%) gedaal om teen R4 464/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2022, R38/ton (- 0,85%) laer verhandel om teen R4 450/ton te sluit.
Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R31/ton (- 0,68%) geklim om teen R4 543/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R35/ton (- 0,77%) laer verhandel om teen R4 564/ton te sluit.
Vir die week geëindig 19 Augustus is 'n totaal van 784 917 ton mielies aan kommersiële silo's gelewer. Daarvan was 569 465 ton witmielies en 215 452 ton geelmielies. In vergelyking met die oesskatting vir die 2022/23-bemarkingsjaar, is 81% van witmielies gelewer en 83% van geelmielies. Die witmielie-oesgehalte is vandeesweek verder afgegradeer. Die graderingstoestande van witmielies is kommerwekkend en staan op 73,30% WM1 (vorige week 74,08%), 22,39% WM2 (vorige week 21,78%) en 4,28% WM3 (vorige week 4,11) %).
Sojaboon:
Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdagoggend met 0,38% gedaal.
Woensdag het private uitvoerders aan die USDA aangekondig dat 'n verkoop van 517 091 ton sojabone in September na China vertrek het. In vergelyking met 'n jaar gelede is uitvoerverkope van die VSA na China minder.
Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdagoggend met skerp afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2022 met R201/ton (- 2,17%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R9 069/ton.
Produsentelewerings vir die week geëindig 19 Augustus het 2 381 ton beloop. Die kumulatiewe totaal van sojaboonlewerings staan op 2 108 373 ton. Dit maak 98% uit van die huidige oesskatting van 2 151 350 ton.
Koring:
Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend 1,58% hoër verhandel.
Amerikaanse koringpryse het vir die vierde sessie in 'n ry gestyg, aangehelp deur wydverspreide uitvoervertroue en kommer oor buitengewone warm weer in dele van Europa.
Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2022 met R40/ton (- 0,57%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 940/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R39/ton (- 0,56%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 960/ton.
Vir die week geëindig 19 Augustus, is 'n totaal van 756 ton koring aan kommersiële silo's gelewer. Die kumulatiewe totaal vir die 2021/22-bemarkingseisoen is 2 241 183 ton. Produsente is tans in die 47ste bemarkingsweek van die 2021/22-bemarkingsjaar, met die nuwe seisoen wat om die draai skuil.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
