Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 09 Sep 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die Amerikaanse mieliemark het vanaf Woensdag se sterker mark omgedraai en sowat die helfte van die winste verloor wat hy kon opbou. Pryse het gemiddeld met 0,75% gedaal ná 'n ronde van tegniese verkope aangespoor deur winsneming.
- 15% van die Amerikaanse mielie-oes is nou volwasse, vergeleke met 8% ‘n week gelede. Brasilië raam dat sy mielie-uitvoer met 148% kan styg vergeleke met die vorige seisoen. Suid-Korea het vir laat Desember veevoermielies gekoop, heel waarskynlik vanaf Suid-Amerika of Suid-Afrika.
- Plaaslik: Plaaslike mieliepryse het laer verhandel weens ‘n swakker Amerikaanse mark as gevolg van tegniese verkope en winsneming. ‘n Verswakkende wisselkoers het wel verliese gedemp. Sentiment in die mark blyk steeds positief.
- Die witmieliekontrak het vir September R10/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 686/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Desember het R22/ton laer verhandel teen R4 779/ton.
- Die geelmieliekontrak vir September '22 het R4/ton swakker verhandel teen R4 645/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Desember het teen R4 738/ton verhandel, R32/ton swakker.
Sojabone:
- Die Amerikaanse sojaboonmark het vir nog 'n dag 1,25% laer verhandel ná 'n rondte tegniese verkope en winsneming. Laer oliepryse en oorspoel-swakheid van mielies plaas ook druk op pryse.
- China se sojabooninvoere is byna 25% laer as 'n jaar gelede weens swak persmarges en laer sojameelvraag vanaf varke. Brasilië verwag dat sy sojaboonuitvoere met 17% vanaf die vorige sal afneem
- Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het vatbare afwaartse druk ervaar in die vorige sessie. Pryse het tussen 1% en 1,5% gedaal.
- Die sojaboon September ’22-kontrak het R134/ton swakker verhandel teen R8 791/ton. Die sojaboon Desember ’22-kontrak het R93/ton laer verhandel teen R9 000/ton. Die sojaboon Mei ’23-kontrak het teen R8 380/ton, R89/ton laer, verhandel.
Koring:
- Die Amerikaanse koringmark het die beste gevaar in vergelyking met die drie grane. Pryse het gestyg weens toenemende onsekerheid in die Swartsee. Statistieke Kanada het aangedui dat sy koringvoorraad met 38% afgeneem het nadat hy die vorige seisoen met wydverspreide droogte gesukkel het.
- Suid-Korea het ook voerkoring op die internasionale mark gekoop, heel waarskynlik van Australië afkomstig. In Indië is plaaslike gebruik op baie hoë vlakke, wat kommer oor die aanbod vir die latere deel van die jaar veroorsaak.
- Plaaslik: Die plaaslike koringmark het sy kop effens opgetel na ‘n paar dae van swakker presteer. Koringpryse verhandel relatief sywaarts op die oombllik.
- Die koring September '22-kontrak het teen R6 985/ton verhandel, R75/ton hoër. Die koring Desember ’22-kontrak het teen R6 959/ton verhandel, R29/ton hoër.
