On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 21 Sep 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Photoxpress.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend met 0,15% gestyg.
  • Mieliemarkte kry ondersteuning namate produksievooruitsigte van die VSA en EU verlaag word, wat 'n impak op die langtermyn aanbodvooruitsigte het. Die Europese Unie se oesverslagdoeningsdiens, MARS, het opgemerk dat onlangse reën te laat opgedaag het om skade van droogtegestremde velde oor 'n wye strook van die vasteland te keer. 
  • In die langer termyn is die weersomstandighede 'n sleutelfaktor, veral aangesien die mielie-oesproses oor die Noordelike Halfrond versnel. Die huidige Amerikaanse oeskwaliteit neig onder die oeskwaliteit van die vorige vyf produksieseisoene. In die jongste USDA-uitvoerinspeksieverslag was mielie-uitvoerinspeksies matig bo die vorige week se totaal.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Dinsdag met effense opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in September 2022, R4/ton (+ 0,08%) geklim om teen R4 735/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2022, R10/ton (+ 0,22%) hoër verhandel om teen R4 687/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R2/ton (+ 0,04%) geklim om teen R4 797/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R5/ton (+ 0,11%) hoër verhandel om teen R4 756/ton te sluit.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Dinsdagoggend met 0,88% gestyg.
  • Vooruitsigte vir 'n groot Suid-Amerikaanse sojaboonoes weeg in op die mark met afwaartse druk. Die verwagte reuse-oes in die VSA het veroorsaak dat boere in Argentinië gehaas het om opgehoopte sojabone te verkoop voordat pryse enigsins laer daal.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Dinsdagoggend met opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2022 met R45/ton (+ 0,49%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 315/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R47/ton (+ 0,50%) hoër verhandel om teen R9 330/ton te sluit.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Dinsdagoggend 3,40% laer verhandel.
  • Afwaartse druk is aangehelp deur berigte van 'n reusagtige Russiese koringoes. Die land se 2022-skatting is met nog 2,1% verhoog. In die kort termyn is koringmarkte wisselvallig en reageer op enige nuus uit die Oekraïne. Dit volg op Poetin se opmerkings oor die onregverdigheid van die graankorridor vir armer lande, wat kommer oor die uitvoergang se toekoms laat ontstaan. Koringkontrakpryse kry ook ondersteuning van stram mieliemarkte. Kommer oor globale graanvoorrade ondersteun steeds markte op die langer termyn.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Dinsdag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2022 met R32/ton (- 0,46%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 920/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R30/ton (- 0,43%) laer verhandel om uiteindelik op R6 906/ton te sluit.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.