On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

7 100 bale by vandeesweek se wolveiling aangebied

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 28 Oct 2022

7 100 bale by vandeesweek se wolveiling aangebied | News Article

Die negende veiling van die 2022/23-wolseisoen het vandeesweek plaasgevind met 'n aanbod van 7 100 bale.

Sien onderstaande PODCAST

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,9% vir nie-RWS en 1,2% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R164,36/kg en R177,46/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 1 663 bale aangebied, waarvan 97,7% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R193/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 17.4 mikron, uit die skeersel van Welgesind Farms, vanuit die Molteno-distrik.

“Die koper was G. Modiano SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 2 November 2022 geskeduleer waar ongeveer 6 126 bale te koop sal wees.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.