Agriculture
Voedselsekerheid kan verbeter met vennootskappe─── BAMBATHA GIKO 05:00 Mon, 31 Oct 2022
Die wêreld is steeds nie op koers om hongersnood teen 2030 uit te wis nie.
Luidens die voedsel- en landbou-organisasie van die Verenigde Nasies (VN), sal die hoeveelheid mense wat deur hongersnood geraak word, teen 2030, 840 miljoen oorskry.
Die VN meen ook wêreldwyd is min algemene vordering gemaak om toegang tot veilige, voedsame en voldoende voedsel vir alle mense regdeur die jaar te verseker, of om alle vorme van wanvoeding uit te roei nie.
Ten spyte hiervan, tegnies, bly Suid-Afrika op nasionale vlak voedselveilig. Op huishoudelike vlak ly die meerderheid Suid-Afrikaners egter steeds aan voedselonsekerheid. Aldus, onafhanklike landbou ekonoom, Dr. Kobus Laubscher.
“’n Toenemende aantal mense in Suid-Afrika het nie genoeg geld, ten spyte van die toelaes wat hulle kry, om genoeg kos, gesonde kos, gereeld op die tafel te sit nie. Dit beteken huishoudelike voedselsekerheid is ernstig in gedrang.”
Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) berig dat 17,3% van Suid-Afrikaners na raming aan matige tot ernstige voedselonsekerheid ly, terwyl 7,0% na raming deur ernstige voedselonsekerheid geraak word.
Volgens Laubscher het die voortslepende oorlog tussen Rusland en Oekraïne die globale mark ontwrig.
Dit het ook gevolge vir Suid-Afrika gehad in terme van uitvoerkoste. Die uitvoerkoste het gestyg en terselfdertyd is Suid-Afrika afhanklik van duurder olie wat 'n uitwerking op voedselpryse het. Dit is te wyte aan die feit dat die land se landbousektor ook negatief geraak word - koste van insette ingevoer en kunsmis het geweldig gestyg. Dit beteken dat die boer se winsgewendheid op die plaas ernstig benadeel word.
Nog ’n faktor wat bydra tot huishoudelike voedselonsekerheid is die nagevolge van die Covid-19-pandemie. Die inperkings wat toegepas is, het groot ekonomiese ontwrigtings veroorsaak en bygedra tot die verlies van lewensbestaan en inkomste.
Dus, het dit baie Suid-Afrikaners se reg tot voldoende voedsel ontneem.
Volgens Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het huishoudelike werkloosheid tussen 2017 en 2020 toegeneem.
In 'n verslag wat deur StatsSA vrygestel is, Measuring Food Security in South Africa: Applying the Food Insecurity Experience Scale [https://www.statssa.gov.za/?page_id=1854&PPN=Report-03-00-19&SCH=73280], is byna 23,6 persent van Suid-Afrikaners in 2020 deur matige tot ernstige voedselonsekerheid geraak, terwyl byna 14,9% erge voedselonsekerheid ervaar het as gevolg van werkloosheid.

“In die geheel gesien, is die bestee vermoë van die verbruiker, en die armste 30%, nie wat dit moet wees nie. Die toelaes wat die regering gee help omsettend baie, maar is nie voldoende nie,” voeg Laubscher by.
Hy stel voor meer fokus moet op die landbousektor geplaas word om die kwessie van huishoudelike voedselonsekerheid aan te spreek. Hoewel daar inisiatiewe is om nuweling boere te betrek, kan die struktuur om hulle te inkorporeer verbeter. Kommersiële boere moet ook ondersteun word om dit beter te kan doen.
“Ons gaan meer kan uitvoer, maar wat ons dan moet probeer doen is om meer van ons goed wat ons uitvoer, binnelands te verwerk en so werk te skep en dit dan uit te voer,” voeg Laubscher by.
Hy sê verder, in vergelyking met die res van die wêreld, dat Suid-Afrika agter is wat landbounavorsing betref. Die regering moet dus meer aan landbounavorsing bestee aangesien daar baie gedoen moet word in terme van boerderyproduksiemetodes.
Ten spyte van die uitdagings met huishoudelike voedselsekerheid, is Suid-Afrika stadig op pad na volhoubare huishoudelike voedselsekerheid. Laubscher sê dit is hoofsaaklik te wyte daaraan dat baie goeie besighede en goeie strukture bestaan om voedselsekerheid te verseker, hulle het net ondersteuning nodig.
