Agriculture
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Tue, 08 Nov 2022
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend met 0,27% gestyg.
- In die huidige internasionale klimaat vorder die Noordelike Halfrond met die oesproses vir die 2022-mielie-oes. Terwyl die stroopproses in die Noordelike Halfrond vorder, het die Suidelike Halfrond begin met die aanplant van die volgende seisoen se mielie-oes.
- Die produksie van Suid-Amerikaanse gewasse is 'n huidige mark uitkykpunt vir toevoeging tot die wêreldvoorrade. Markbewegings word tans oorheers deur nuus oor weerstoestande, veral in die VSA en Suid-Amerika.
- Suid-Amerika sal na verwagting hierdie week reën kry, wat hulle weer op dreef sal plaas vir 'n goeie seisoen. In die sentrale dele van die VSA word reën ook verwag, wat sal help om die riviervlakke van die Mississippi-rivier te verbeter - dit is 'n groot uitvoerroete.
- Die plaaslike Safex-mieliekontrakte het Maandag met afwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in November 2022, R97/ton (- 1,79%) gedaal om teen R5 315/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in November 2022, R85/ton (- 1,64%) laer verhandel om teen R5 110/ton te sluit.
- Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R102/ton (- 1,89%) gedaal om teen R5 299/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R86/ton (- 1,64%) laer verhandel om teen R5 160/ton te sluit.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Maandagoggend met 1,74% gestyg.
- China se Ministerie van Gesondheid het verklaar dat die land hul 'nul-Covid'-beleid kan verlig, wat as baie positief vir hul sojaboon-invoer beskou sal word. Droogtetoestande het 'n paar vertragings vir sojaboonaanplantings in Argentinië veroorsaak.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Maandagoggend met afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in November 2022 met R178/ton (- 1,62%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R10 815/ton. Die sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022, R138/ton (- 1,25%) hoër verhandel om teen R10 884/ton te sluit.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Maandagoggend 0,86% hoër verhandel.
- Verlede week het Rusland weer die Swartsee-uitvoerreëling met Oekraïne aangegaan. Die huidige kontrak is tot 22 November vasgestel. Frankryk, Europa se top graanprodusent, is 84% voltooi met die sagte koring aanplantings vir die 2022/23-seisoen.
- Dit is 21% hoër as 'n week gelede. Australië se koringproduksie, wat die grootste koringprodusent in die Suidelike Halfrond is, sal na verwagting hul tweede hoër koringoes in die 2022/23-bemarkingsjaar lewer. Produksie het egter jaar-tot-jaar afgeneem.
- Die binnelandse koringkontrakte het Maandag met afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in November onveranderd verhandel om uiteindelik te sluit op R7 357/ton. Die Desember 2022 koringkontrak het met R157/ton (- 2,13%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 207/ton.
- Die koringoesproses is goed op dreef in die Wes-Kaap. Verwagtinge is vir 'n gemiddelde produksieseisoen, te midde van droogtetoestande. Die grootste deel van die koringproduk word oor die algemeen middel November tot Desember gelewer, wat 'n mate van seisoenale afwaartse druk op pryse kan uitoefen.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
