On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Volhoubaar geproduseerde wol minder by wolveiling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 14 Nov 2022

Volhoubaar geproduseerde wol minder by wolveiling | News Article

Die elfde veiling van die 2022/23-wolseisoen het plaasgevind met 'n aanbod van 9 311 bale oor 2 dae.

Sien onderstaande PODCAST

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het op 9 November se veiling met 2,3% vir nie-RWS en 3,2% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R157,79/kg en R166,91/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 1 824 bale aangebied, waarvan 93,5% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R175/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CL van 16.0 mikron, uit die skeersel van Emden Boerdery vanuit die Fouriesburg-distrik.

“Die koper was Lempriere SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 16 November 2022 waar sowat 8 023 bale aangebied sal word.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.