On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Ekonoom se vooruitsigte vir landbou in 2023

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Wed, 16 Nov 2022

Ekonoom se vooruitsigte vir landbou in 2023 | News Article
FOTO: Photoxpress.

Die landbousektor het die afgelope jaar onder beurtkrag en hoë insetkostes weens die oorlog in Oekraïne gebuk gegaan.

Ten spyte hiervan, is daar ook positiewe gebeure soos die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië om vleis na daardie land uit te voer.

LEES OOK: Saoedi-Arabië-uitvoerooreenkoms ontsluit geleenthede vir beesvleisprodusente

Tegnologie

‘n Ekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, sê hy is positief oor die toekoms van landbou weens die verskeie geleenthede wat vir die sektor voorlê.

“Ek is baie opgewonde oor die toekoms van landbou oor die algemeen. Dit het hoofsaaklik te doen met tegnologiese vooruitgang van goed soos presisieboerdery en genetiese manipulasie. Landbou dink ek is van [daardie] industrië wat groot voordeel gaan kry uit sekere tegnologiese veranderings.

Ooreenkoms tussen Saoedi-Arabië en Suid-Afrika

Die jaar 2023 bring ook geleenthede vir die rooivleisbedryf. Amptenare van Saoedi-Arabië sal na verwagting voor Desember Suid-Afrika besoek om die verskillende fasiliteite te kom ondersoek en goed te keur voordat vleis na daardie land uitgevoer word.

LEES OOK: Vleisliefhebbers wêreldwyd ontwikkel smaak vir Suid-Afrikaanse beesvleis

Die Beefmaster-groep se Louw van Reenen het voorheen aan OFM-nuus gesê die totale bilaterale handel tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië het in 2021 R66 miljard beloop, en die beesvleissektor sal na verwagting in 2023 gunstig daartoe bydra ná die ooreenkoms om tussen 500 ton en 1 000 ton beesvleis uit te voer.

Weersomstandighede

“Die weersomstandigehede lyk gunstig vir landbou in Suid-Afrika, en ek dink dit gaan verder bydra tot ‘n goeie jaar (2023) en natuurlik vir 2022 ook.

“Maar die belangrikste rede hoekom ek ook opgewonde en positief is vir landbou in Suid-Afrika het te doen met die kwaliteit van mense in landbou.

LEES OOK: Kanse vir stormagtige reën is groot

“Ons het seker van die beste boere in die wêreld, en op ‘n vreemde manier het die vyandigheid van die staat teenoor landbou eintlik bygedra dat die minder suksesvolle boere nou nie meer bestaan nie, en al wat nou oorbly is werklikwaar die heel beste boere, en dit is ‘n goeie rede om positief te wees oor landbou in die land," sluit Roodt af.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.