Agriculture
Landbounuus-podcast: Amerikaanse veghonde laat die tonge klap─── ELSABÉ RICHARD 16:55 Mon, 21 Nov 2022
Amerikaanse veghonde laat die laaste tyd landwyd die tonge klap.
'n Petisie is begin om dié hond as troeteldier te verbied nadat 'n aantal kinders hulle lewe verloor het. Die Amerikaanse Pit bull Federasie van Suid-Afrika se Lehanda Rheeder sê mense het verskeie wanopvattings oor dié honderas. Rheeder sê opvoeding is belangrik.
Intussen het meer as 106-duisend Suid-Afrikaners die petisie onderteken om Amerikaanse veghonde as troeteldiere te laat verbied. Die klagskrif is deur die Sizwe Kupelo-stigting begin. Die Departement van Landbou sê hy is deur die stigting genader oor 'n datum vir die oorhandiging daarvan. Die departement is ook in gesprek met 'n Amerikaanse Veghond-telersvereniging om 'n beter begrip te kry van dié honderas.
Die gevaar van muggies, muskiete en bosluise is groter tydens nat weer, en kan dieresiektes soos slenkdalkoors en bloutong vinniger laat versprei.
EN... In die Verenigde Koninkryk weier supermarkte om die prys van ’n dosyn eiers met 40 pennies oftwel meer as R8 te verhoog om sukkelende boere tegemoet te kom. Brittanje word in die gesig gestaar deur ’n eier tekort omdat produsente hul boerdery moet afskaal of die sektor heeltemal verlaat weens die stygende koste van voer en energie. Die BBC berig n Walliese eierboer sê in ‘n inskrywing op sosiale media die prys van ’n dosyn eiers het sedert Maart reeds met 45 pennies gestyg, maar daarvan beland net vyf pennies in die boer se sak.
