On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Twee mans lewenslank tronkstraf opgelê vir moord op egpaar

───   ELSABÉ RICHARD 18:08 Tue, 22 Nov 2022

Landbounuus-podcast: Twee mans lewenslank tronkstraf opgelê vir moord op egpaar | News Article

Twee mans is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moorde op 'n egpaar op 'n plaas in Normandien, KwaZulu-Natal.

OFM-nuus het voorheen berig 'n 63-jarige boer, Glen Rafferty en sy 60-jarige vrou, Vida, is in Augustus 2020 deur aanvallers doodgeskiet. Vier verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem. Een van die verdagtes het in Maart skuld erken en is tot 60 jaar gevangenisstraf gevonnis, terwyl 'n ander een in Oktober vermoor is.

'n 61-jarige man, wat daarvan aangekla word dat hy produsente in Noordwes met R4 miljoen bedrieg het, kom na verwagting weer op 23 November voor. Thinus Theunissen het in September vanjaar in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn nadat hy glo beeste op 'n veiling onder sy naam verkoop het. 

Ondersoeke is aan die gang om die oorsprong te bepaal van die hemorragiese haassiekte, wat in die Wes- en Noord-Kaap bevestig is. Die Noord-Kaapse Departement van Landbou sê die virus is nie op die lys van beheerde siektes nie. Dis 'n eksotiese siekte wat aangemeld moet word by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid. 

EN

Inentingsveldtogte is onderweg in gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word. In sy jongste verslag sê die departement van landbou meer as 82 000 diere is in die Vrystaat ingeënt, en byna 34 000 in Noordwes. Volgens die verslag het dié provinsies en Mpumalanga begin om diere vanaf positiewe plase na aangewese abattoirs te neem vir beheerde slagting. Veearts dokter Shaun Morris sê dié diere se vleis hou geen gevaar in nie.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.