On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Goeie mededining by vandeesweek se wolveiling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 25 Nov 2022

Goeie mededining by vandeesweek se wolveiling | News Article
FOTO: OVK/Facebook.

Vandeesweek se wolveiling het goeie mededinging gesien, met 'n algehele verkoopspersentasie van 94%.

Byna 11 000 bale is aangebied.

Sien onderstaande PODCAST

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,2% vir nie-RWS en 0,42% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R161,43/kg en R165,08/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 286 bale aangebied, waarvan 94,9% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R190,00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.6 mikron, uit die skeersel van René du Plessis, vanuit die Trompsburg-distrik.

“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 30 November geskeduleer, waar meer as ±15 356 bale aangebied sal word.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.