On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   06:00 Thu, 01 Dec 2022

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: polity.org

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard-May lig nou die hoofstories op OFM vandeesweek uit.

Die Oranjerivier se vloei het vandeesweek afgeneem. President van die Oranjerivier Landbou-unie, Wilco Fourie, sê dis nog te vroeg vir enige skadebepalings langs die Benede-Oranje, maar hulle is verheug dat die vlakke reeds drasties gedaal het. Die uitdaging is nou vir boere om hul pompe weer af te skuif water toe ten spyte van die modder wat die taak bemoeilik. Fourie sê hulle bly op hul hoede.

Indiensneming in die landbousektor is stabiel, maar die jongste statistieke wys dis nie net maanskyn en rose nie.

Die provinsiale regerings van die Noord- en Wes-Kaap het ’n samewerkingsooreenkoms gesluit om ’n groenwaterstof-korridor te vestig in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, het dit in die aanloop tot Suid-Afrika se eerste Groenwaterstof-beraad in Kaapstad onderteken. Groenwaterstof word geproduseer wanneer water met behulp van wind- of sonenergie in suurstof en waterstof verdeel word. Groenwaterstof kan fossielbrandstowwe vervang en klimaatveranderinge teenwerk.

EN

'n Landbouleier is bekommerd oor die toename in plaasmoorde, veral in die Vrystaat. Theo de Jager, voorsitter van organisasies soos Saai en oudpresident van die Wêreldboere-organisasie, het in reaksie op die jongste misdaadstatistieke getwiet die Engelse media in Suid-Afrika berig steeds nie oor dié misdade nie. Hy sê oproepe op sosiale media en politieke vergaderings om boere om die lewe te bring neem steeds toe.  Intussen sê Louis van Wyk, van die VF+ Jeug in die Vrystaat, die regering moet meer doen ter wille van voedselsekerheid.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.