Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Fri, 09 Dec 2022
FOTO: Graan SA/Twitter.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 0,35% gestyg.
- Laer ru-oliepryse kan 'n mate van afwaartse druk op internasionale mieliepryse uitoefen.
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdag met opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte.
- Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R23/ton (+0,47%) geklim om teen R4 927/ton te sluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R17/ton (+0,36%) hoër verhandel om teen R4 775/ton te sluit. Die witmieliemark het, vir lewering in Maart 2022, R2/ton (+0,04%) geklim om teen R4 815/ton te sluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in Maart 2022, R11/ton (+0,23%) hoër verhandel om teen R4 745/ton te sluit.
- Vir die week geëindig 2 Desember is 'n totaal van 10 915 ton witmielies en 10 899 ton geelmielies aan kommersiële silo's gelewer.
- In vergelyking met die oesskatting vir die 2022/2023-bemarkingsjaar is 94% van witmielies gelewer en 89% van geelmielies.
- Die witmielie-oesgehalte is steeds aansienlik laer met die oes wat as 73% WM1's aangewys is; 22% WM2's; 4% WM3's en 0,06% WMO.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdagoggend met 1,17% gestyg.
- Amerikaanse sojaboonpryse gaan voort om te reageer op die verslapping van Chinese Covid-beperkings en te droë weer in Argentinië en dele van Brasilië.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdagoggend met opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022 met R59/ton (+0,56%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R10 559/ton.
- Die sojaboonmark het vir lewering in Maart 2022, R74/ton (+0,72%) hoër verhandel om teen R10 326/ton te sluit.
- Produsentelewerings vir die week geëindig 2 Desember het 1 060 ton beloop. Die kumulatiewe totaal van sojaboonlewerings staan op 2 149 284 ton. Dit maak 98% uit van die huidige oesskatting van 2 201 000 ton.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend 3,06% hoër verhandel.
- Daar is geen teken dat Rusland se oorlog teen die Oekraïne gaan eindig nie. Missielaanvalle gaan voort soos wat die koringoes gestroop word.
- Die Russiese konsultasiemaatskappy Sovecon het sy voorspelling vir die land se 2022/23-koringuitvoer effens verhoog op grond van huidige verskepingstendense. Uitvoer tussen Oktober en Desember sal na verwagting 33% verbeter op 'n jaargrondslag.
- Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met opwaartse tendense verhandel. Die Desember 2022-koringkontrak het met R37/ton (+0,56%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 700/ton.
- Die Maart 2022 koringkontrak het met R50/ton (+0,74%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 770/ton.
- Vir die week geëindig 2 Desember is 'n totaal van 242 394 ton koring aan kommersiële silo's gelewer. Die kumulatiewe totaal staan op 1 301 999 ton. Dit maak 59% uit van die huidige oesskatting van 2 225 895 ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
