On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 12 Dec 2022

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: www.grainsa.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend met 0,70% gestyg.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag met afwaartse tendense verhandel vir wit- en geelmieliekontrakte. 
  • Die witmieliemark het, vir lewering in Desember 2022, R40/ton (-0,81%) gedaal om teen R4 880/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2022, R7/ton (-0,15%) laer verhandel om teen R4 750/ton te sluit.
  • Vir die week geëindig 2 Desember, is 37 205 ton witmielies en 5 596 ton geelmielies uitgevoer. 
  • Die agt-week-uitvoervooruitskouing wat deur SAGIS gepubliseer is, dui op 'n toename in die witmielie-uitvoertempo. In so 'n mate dat uitvoer voorspel word om bo die vorige seisoentempo te wees, sowel as die vyf-jaar gemiddelde. 
  • Geelmielies diepsee-uitvoer het opgedroog tot einde Januarie 2023. Slegs 45% van die witmielies wat vir uitvoer geskat word, is uitgevoer, met gerugte wat toeneem dat 22 uitvoervaartuie tot 23 Maart sal vertrek. 
  • Die meeste vaartuie sal na raming na Mexiko vertrek.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydagoggend met 0,96% gestyg.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend met opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2022 met R27/ton (+0,26%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R10 10 570/ton.
  • Tot einde Oktober is 138 538 ton sojabone uitgevoer, met vooruitsigte van nog 330 000 ton om tot Januarie uitgevoer te word, meestal na Oos-Asiatiese markte.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend 0,39% laer verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met effense afwaartse tendense verhandel. Die Desember 2022 koringkontrak het met R18/ton (-0,27%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 685/ton.  
  • Vir die week geëindig 2 Desember is 'n totaal van 9 797 ton koring ingevoer, uitsluitlik uit Rusland. 
  • Die huidige koring-invoertempo neig bo die vorige seisoene gemiddeld sowel as die vyf-jaar gemiddelde. 
  • Tans verhandel die kolkoringkontrak ver onder die Duitse invoerpariteitsvlak van R7 544/ton. 
  • Die Argentynse invoerpariteitsvlak is tans R8 483/ton en Amerikaanse invoerpariteit is R7 841/ton. Randfontein is as verwysing gebruik. 
  • Spotkoringkontrakte verhandel tans naby uitvoerpariteitsvlakke. Die nuwe bemarkingseisoen het begin met groot eindvoorrade, tesame met die grootste deel van die oes wat die mark betree het. Die verhoogde tempo van koringinvoer dra ook by tot die voorraad.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.