On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Droër toestande lê moontlik voor

───   ELSABÉ RICHARD 06:00 Tue, 10 Jan 2023

Droër toestande lê moontlik voor | News Article
FOTO: Elsabé Richard-May/OFM-nuus.

Ná maande van swaar reën oor dele van die land weens die La Niña-verskynsel, toon weervooruitsigte dat droër toestande moontlik vanaf die middel tot die einde van die eerste kwartaal kan voorkom.

Sien onderstaande PODCAST

Onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, deel dat baie min reën tot 15 Januarie verwag kan word. Weervooruitsigte toon ook dat dit die warmste week vir die jaar gaan wees, met temperature wat na verwagting die 30’s sal inskiet.

LEES OOK: ‘Ons is naby aan die draaipunt van die nat siklus’

Reën sal na verwagting weer in die tweede deel van Januarie voorkom. “In hierdie stadium lyk dit nie na swaar reën nie. 

"Die rede hoekom ons dit sê — dit lyk asof daar so bietjie laagdrukaktiwiteite in die Mosambiek-kanaal oor Madagaskar ontwikkel en tropiese vog [in daardie rigting] kanaliseer.

“Maar dit lyk asof dit oor ‘n redelike groot gedeelte van die land, wat die Vrystaat en Noord-Kaap insluit, kan voorkom.”

Van den Berg sê verder dat met die La Niña-verskynsel wat besig is om te verswak, verswak die kanse vir reën en lyk dit asof Sentraal Suid-Afrikaners droër toestande vanaf die tweede deel van Februarie, Maart en April kan verwag.

“Ons het in November ‘n redelike verswakking [in die La Niña-verskynsel] gesien. In Desember was daar weer ‘n bietjie van ‘n oplewing, maar van die laaste week van Desember tot nou toe, lyk dit asof daar ‘n permanente daling [in reënval kan voorkom].

“So, dit lyk of die gebiede wat baie swaar reën gekry het, asof daar ook bietjie minder reën gaan voorkom, maar daar is reeds skade op gewasse wat voorgekom het, en in baie gevalle is dit te laat om weer oor te plant en sal daar na ander alternatiewe gekyk moet word.”

Volgens Van den Berg het baie swaar reën die afgelope maand oor groot gedeeltes van veral die sentrale en die oostelike dele van die land voorgekom het. Sommige gebiede het tot 200mm of meer aangeteken.

In die Noord-Kaap was dit egter heelwat droeër, met minder reën wat voorgekom het. Daar is wel dele wat goed reën gehad het.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.