Agriculture
Reën vir Februarie voorspel; bring verligting van hitte─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 01 Feb 2023

Groot dele van die land het die afgelope tyd uiterse warm en droë toestande ervaar, wat tot die dood van sowat agt plaaswerkers in die Noord-Kaap gelei het.
Maar Johan van den Berg, ‘n onafhanlike landbouweerkundige, deel dat toestande vir reën heelwat beter lyk in die eerste tien dae van Februarie.
Tussen 20 en 50 mm reën het reeds die afgelope weke verligting oor dele van die Vrystaat, wat Reitz en Bethlehem insluit, gebring.
LEES OOK: Hitte-uitputting eis nog ‘n slagoffer in Noord-Kaap
“Met die tropiese silkoon wat nou wegbeweeg het, kan tropiese vog weer oor Botswana suidooswaarts beweeg, en lyk dit asof die grootste deel van die Vrystaat rondom 30 na 50 mm reën kan kry.”
Verligting vir Noord-Kaapse besproeiingsboere?
Die oostelike dele van die Noord-Kaap sal na verwagting tussen 20 en 30 mm reën gedurende die eerste week van Februarie ontvang. Baie min reën word egter voorspel vir die westelike dele van die provinsie, wat Upington en Prieska insluit.
ALSO READ: Labour Minister, Agriculture MEC visited farms where workers died
“Oor die sentrale gedeeltes lyk die toestande baie goed. Temperature gaan heelwat laer wees, [wat gaan] help dat die hittestremming gebreek gaan word."
Die kanse vir reën verswak weer in die tweede deel van Februarie.
Volgens van den Berg is die huidige La Niña-verskynsel, wat baie reën oor Suid-Afrika tot gevolg het, besig om te verswak en kan moontlik voor winter oorgaan na El Niño – wat droër toestande tot gevolg het.