Agriculture
Byna 100% van wol op vandeesweek se veiling verkoop─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 10 Feb 2023
Nagenoeg 3 800 bale is vóór vandeesweek se wolveiling onttrek, wat gelei het tot die aanbieding van net meer as 14 200 bale.
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,5% vir nie-RWS en 2,6% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R183,89/kg en R196,45/kg, onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 4 792 bale aangebied, waarvan 95,58% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R222,00/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot BFH van 17.2 mikron, uit die skeersel van Hendri Boerdery BK, vanuit die Burgersdorp-distrik.
“Die koper was VBC Wol,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 15 Februarie geskeduleer.
