On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Veeboere, wees reg vir winter met NUTRI Feeds

───   15:03 Wed, 22 Feb 2023

Sponsored15:03 Wed, 22 Feb 2023
Veeboere, wees reg vir winter met NUTRI Feeds | News Article

Wat presies is winterweiding en wat is die grootste uitdaging vir kommersiële produsente in die wintertydperk?

OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, gesels met Phillip Lee, Senior Tegniese- en Verkoopsbestuurder – Herkouers, by NUTRI Feeds.

Hy gee waardevolle raad oor een van die grootste foute wat produsente maak in terme van die bestuur van winterweiding, waarteen moet gewaak word, en die rol van aanvullings asook die beskostigbaarheid daarvan.

Wat bied NUTRI Feeds?

Die Nutri Lekreeks is wetenskaplik geformuleer om natuurlike weiding met moontlike proteïen, fosfor en mineraaltekorte aan te vul vir optimale produksie, reproduksie en winsgewendheid.

Nutri Lek se hoë melasse-inhoud maak dit smaaklik, die hoër kwaliteit proteïene verhoog mikrobe-werking vir optimale voedingswaarde en voerbenutting; ’n verbeterde mengproses beteken ’n beter saamgestelde eindproduk en gereguleerde inname; en die hoër spoormineraalvlakke bevorder die reproduksie-tempo en verhoog kalf- en lampersentasies.

’n Drie fase lekaanvullingsprogram word aanbeveel

FASE 1 - Somerweidings se primêre tekort is Fosfor (P) en area-spesifieke spoormineraaltekorte. Voer Nutri se Somerlekreeks op groen weidings. Produkte sluit in Nutri Tub Fosfor, Nutri Fos 6 of 12 (vir vermenging).

FASE 2 - Sodra die kwaliteit van die weiding verswak (tipies na die blomstadium van die weidings) kan oorgegaan word eers na ’n oorgangslek en dan na ’n volwaardige Winterlek wat hoog in beide minerale en NPN is. Produkte optimaal gebalanseer vir spoorminerale is ook beskikbaar vir die winterseisoen. Die doel van die winterlekke is om die rumen mikroörganismes se primêre tekort aan te vul en sodanig die benutting van die weiding te stimuleer. Winterlekke het gevolglik ’n komplimentêre effek tot weiding en lei nie tot substitusie van die weiding nie.

FASE 3 - Sodra die kwaliteit van die weiding asook die beskikbaarheid daarvan afneem, moet Nutri Produksielekke vir die diere aangebied word. Produksielekke word ook aanbeveel aan diere wat teen vlakke bo onderhoud gevoer word, o.a. laat dragtige koeie of ooie, lakterende diere, vinnig groeiende diere of diere wat se kondisietelling nie na wense is nie.

ALGEMEEN - Gebruik die inname van die lek en weiding as riglyn wanneer daar oorgegaan moet word na `n volgende fase.

Nutri Lekke vir die winter

Sodra die kwaliteit van die weiding begin afneem, soos waargeneem in ’n styging in die inname van die somerlek moet diere oorgeplaas word eers na ’n Oorgangslek en daarna op ’n volwaardige Winterlek.

Lees meer oor NUTRI Feeds se volledige reeks wetenskaplik geformuleerde aanvullings hier.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.