On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Wisselvaligheid van Rand beïnvloed wolmark negatief

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 24 Feb 2023

Wisselvaligheid van Rand beïnvloed wolmark negatief | News Article
FOTO: OVK/Facebook.

Gesertifiseerde, volhoubaar geproduseerde wol het tydens die 21ste wolveiling van die 2022/23-wolveiling 43,3% van die merinowol aanbod uitgemaak, met 'n redelik eweredige verspreiding tussen lang- en mediumlengte wol.

Sien onderstaande PODCAST

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,2% vir nie-RWS en 1,1% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R179,85/kg en R191,32/kg, onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 2 862 bale aangebied, waarvan 97,06% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R238,00/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot AAFH van 16.7 mikron, uit die skeersel vanuit IA Isted Barkly-Oos-distrik.

“Die koper was G. Modiano,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 1 Maart geskeduleer.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.