On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Interne ondersoek ná berigte van dieremishandeling by Vrede

───   ELSABÉ RICHARD 16:56 Tue, 07 Mar 2023

Landbounuus-podcast: Interne ondersoek ná berigte van dieremishandeling by Vrede | News Article
FOTO deur Carina Chowanek: https://www.pexels.com/photo/cows-on-green-grass-field-13340333/

Die Vrystaatse Departement van Landbou sê dit gaan 'n interne ondersoek instel ná berigte oor 'n trop melkkoeie wat sonder kos, water en veeartsenykundige behandeling gelaat word by die geïntegreerde melkplaas by Vrede.

Misdadigers trek nou voordeel uit hoër vlakke van beurtkrag in boerderygemeenskappe. Vrystaat Landbou se veiligheidsrisiko-analis, dr. Jane Buys, sê hulle kry  toenemend klagtes van boere rakende die nie-beskikbaarheid van selfoonseine of -netwerke in hul areas gedurende beurtkrag, wat kommunikasie bemoeilik. Buys sê hulle het 'n opname gedoen oor die misdaad wat gedurende beurtkrag in landelike gemeenskape gepleeg word.

Die Oranjerivier Landbou-unie-president Wilco Fourie sê hoewel 'n aansienlike afname in die vlak van die rivier ervaar word, bly oorstroomde wingerde steeds  ontoeganklik. Hy sê verwerking en aktiwiteite sal onbepaald nie kan voortgaan nie. 

Agri SA het sy kommentaar oor die Onteieningswetsontwerp by die Nasionale Raad van Provinsies ingedien. Die organisasie sê sy voorlegging dui op die potensieel  katastrofiese impak van die wetsontwerp op die landbousektor en die land se voedselsekuriteit as dit deur die Parlement aanvaar word. Die Wetsontwerp is  aanvaar in die Nasionale Vergadering, waarna dit na die raad verwys is. Sou die raad dit wel goedkeur, sal dit aan die President gestuur word vir goedkeuring.

EN

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.