On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Nog geen duidelikheid oor name vir alternatiewe proteïenprodukte

───   ELSABÉ RICHARD 14:24 Tue, 28 Mar 2023

Nog geen duidelikheid oor name vir alternatiewe proteïenprodukte | News Article
FOTO: Grooveland Designs (https://www.pexels.com/photo/burger-with-lettuce-and-tomato-3607284/)

Die gebrek aan regulasies oor terme vir alternatiewe proteïenprodukte veroorsaak verwarring oor voedseletikette wêreldwyd en het reeds tot verskeie regsstruwelinge gelei.

Farmer's Weekly berig die woord 'vleis' is onder die loep geneem waar dit gebruik is vir produkte wat nie met dieregebaseerde vleis gemaak is nie.

Verbruikers is oor 'n tydperk van twee jaar onderwerp aan opportunistiese prysstygings in basiese huishoudelike produkte. Die Mededingingskommissie se Sipho Ngwema sê hierdie en ander bevindinge is vervat in die jongste verslag oor die monitering van noodsaaklike voedselpryse.

Rooivleisprodusente ervaar druk op hul kontantvloei terwyl verbruikers vleis vir heelwat goedkoper kan koop. Die Rooivleisprodusente-organisasie se James Faber sê dis te wyte aan onder meer die gevolge van die bek-en-klouseer uitbraak. 

Sentiment in die landbousektor kan verbeter indien die elektrisiteits-krisis en biosekuriteit aangespreek word. Landbou-ekonoom, Wandile Sihlobo, sê landboubesighede is nie optimisties oor die stand van sake in Suid-Afrika nie.

EN 

'n Boer stoet-teler van die Noord-Kaap, Charl Saunderson, werk hard om die beste Dorper-ooie en -ramme te produseer. Hy vertel dat die regte teel-keuse metodes net een van sy geheime tot sukses is. Saunderson sal Vrydag tydens sy veiling op Upington van sy beste Dorpers ten toon stel.

OFM-nuus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.