On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 29 Mar 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Stas Knop (https://www.pexels.com/photo/green-rice-field-1158589/)

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die Amerikaanse mieliepryse het steun gevind vir 'n opeenvolgende dag danksy nog blitsverkope Maandag. Die USDA se jongste uitvoerinspeksies kon nie beïndruk nie, die oorvloei van 'n wye stel kommoditeite was genoeg om 'n rondte tegniese aankope te laat ontstaan.
  • Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het gemeng gesluit in Maandag se sessie. Witmielies het effens swakker presteer as geelmielies. 
  • Die nader witmielie maande het die swakste prestasie getoon met geelmielies wat op gemiddeld positief verhandel het. Bewegings was marginaal.
  • Die witmieliekontrak het vir April ’23 R44/ton swakker verhandel vir die dag om teen R3 990/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie '23 het R11/ton swakker verhandel teen R3 877/ton.
  • Die geelmieliekontrak vir Maart ’23 het verhandel teen R4 046/ton, R2/ton swakker. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie ’23 het teen R4 082/ton verhandel, R12/ton swakker.

Sojabone:

  • Die Amerikaanse sojaboonmark het ook hoër geneig vir die tweede opeenvolgende sessie op 'n rondte van tegniese aankope aangespoor deur 'n stadiger as normale Brasiliaanse oes, verder ondersteun deur 'n oorvloei van 'n wye reeks kommoditeite.
  • Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het positief verhanel en vatbare winste getoon.
  • Die sojaboon April ’23-kontrak het R40/ton sterker verhandel teen R8 660/ton. 
  • Die sojaboon Mei ’23-kontrak het R100/ton sterker verhandel teen R8 240/ton. 
  • Die sojaboon Julie ’23-kontrak het teen R8 395/ton, R120/ton sterker verhandel.   

Koring:

  • Die Amerikaanse koringmark het dubbelsyfer winste behaal na aanleiding van tegniese aankope wat grootliks aangespoor is deur oorvloeisterkte van ander kommoditeite. 
  • Onrus oor die vraag of 'n huidige Swartsee-skeepvaartooreenkoms sal voortgaan om verleng te word, het bygedra tot die bullish sentiment.
  • Plaaslik: Die plaaslike koringmark het sojabone hoër gevolg met behulp van ‘n sterk Amerikaanse mark.
  • Die Koring April ’23-kontrak het teen R6 641/ton verhandel, R135/ton sterker. Die koring Maei 23-kontrak het teen R6 699/ton verhandel, R188/ton sterker.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.