On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 07 Apr 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: Pixabay via Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het Donderdagoggend met 0,15% gedaal.
  • Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Donderdag met opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het vir lewering in April 2023 met R3/ton (+0,08%) geklim en teen R3 980/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in April 2023 met R50/ton (-1,25%) laer verhandel om teen R3 940/ton te sluit.
  • Tans verhandel die April spotkontrak R1 003/ton onder die Amerikaanse uitvoerpariteit na Randfontein, en R932/ton onder die Argentynse uitvoerpariteit na Randfontein.
  • Witmielie-uitvoer het tot stilstand gekom, met geelmielie-uitvoergleuwe wat tot Oktober vol bespreek is.

Sojaboon:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdagoggend effens met 0,42% gedaal.
  • Brasilië gaan vanjaar Argentinië verbysteek as die wêreld se voorste sojameeluitvoerder, aangesien Argentinië se droogtegeteisterde sojaboonoes vanjaar waarskynlik só tekort gaan skiet dat dit sy vermoë sal belemmer om sojameelvoorrade na die wêreldmark te stuur.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in April 2023 het met R195/ton (+2,41%) geklim om teen R8 290/ton te sluit.
  • Tans verhandel die April spotkontrak R2 462/ton onder die Amerikaanse uitvoerpariteit; R1 894/ton onder die Argentynse uitvoerpariteit en R811/ton onder die Brasiliaanse uitvoerpariteit na Randfontein.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdagoggend met 1,36% gedaal.
  • Mededingende Swartsee-voorrade bring steeds graanpryse op die vasteland af. Spekulasie oor moontlike verminderde Russiese voorrade vanaf Julie sal egter pryse wisselvallig hou.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met opwaartse tendense verhandel. Die April 2023-koringkontrak het met R65/ton (+0,98%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R6 680/ton.
  • Tans verhandel die April spotkoringkontrak R717/ton bo die Russiese invoerpariteit na Durban; R644/ton bo die Duitse invoerpariteit en R372/ton onder die Argentynse invoerpariteitsvlak.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.