On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Groep stap meer as 160 km vir droogtehulp

───   ELSABÉ RICHARD 12:17 Mon, 10 Apr 2023

Landbounuus: Groep stap meer as 160 km vir droogtehulp | News Article
FOTO: Willem Symington via Farmer's Weekly.

’n Bloemfonteinse skrywer sê baie mense besef nie hoe erg die skade van die droogte in die Noord-Kaap nog is nie.

Dit het wel die laaste ruk ‘n bietjie gereën, maar mense se hele kuddes is daarmee heen, dit gaan jare vat vir die gemeenskappe om weer op hulle voete te kom. Dit is hoekom hy, Amoré Bekker, Jak de Priester, Elvis Blue, Lindi Stander en ’n honderd ander mense in die pad val vir die 166 km lange Red 'n Plaas-Camino gaan stap, nie net vir oefening of vir die lekkerte nie.

Die President van die Oranjerivier Landbou-unie Wilco Fourie sê die invloei van water in die damme het afgeneem. Hy sê die afname is ‘n poging deur die Departement van Water en Sanitasie om damvlakke by 100% en laer te hou.

Gevalle van Afrika-perdesiekte neem glo in Gauteng toe terwyl entstowwe sedert verlede jaar nie beskikbaar is nie. Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP), verantwoordelik vir die vervaardiging van die entstowwe, is na bewering al etlike maande sonder voorraad. Die siekte is endemies aan Suider-Afrika. Perde moet elke jaar tussen Junie en Oktober ingeënt word om hulle teen perdesiekte te beskerm gedurende die laat somermaande, wat die hoogste Afrika-perdesiekte-seisoen is.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir hewige donderstorms in Gauteng, die oostelike dele van Noordwes sowel as die oostelike dele van die Vrystaat. Dit sê die erge donderstorms kan lei tot swaar reënbuie wat lei tot plaaslike oorstromings van vatbare formele/informele nedersettings of paaie, laagliggende gebiede en brûe.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.