Agriculture
Wolmark presteer goed ná Paasreses─── ELSABÉ RICHARD 13:15 Fri, 21 Apr 2023
Die 28ste uitverkoping van die 2022/23-wolseisoen het vandeesweek ná die Paasreses plaasgevind.
Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,9% vir nie-RWS en 2,6% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R170,23/kg en R184,55/kg, onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 2 249 bale aangebied, waarvan 96,75% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R187,00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot AH van 16.2 mikron, uit die skeersel vanuit T Berry Farming, van uit die Heidelberg-distrik.
“Die koper was Standard Wool SA,” deel Victor.
Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 26 April geskeduleer.
