On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Beurtkrag kan voedseltekorte veroorsaak

───   ELSABÉ RICHARD 11:36 Mon, 01 May 2023

Landbounuus: Beurtkrag kan voedseltekorte veroorsaak | News Article
FOTO: PhotoMIX Company/Pexels.

Beurtkrag kan heel moontlik tot voedseltekorte vir baie mense lei as daar nie dringende ingrypings is nie.

Dit is volgens Agri SA se Christo van der Rheede. eNCA berig hy het sy kommer uitgespreek oor die die impak van voortdurende kragonderbrekings op voedselsekerheid en die dalende kapasiteit van Suid-Afrika se boere om voedsel te produseer.

Een van die redes waarom produsente die teiken van veediefstal is, is omdat hulle versuim om diere te brandmerk. 'n Professor by UNISA, Cecily Doorewaard-Janse van Vuuren, het navorsing hieroor gedoen en verder bevind dat sommige produsente ook nie die nodige sekuriteitmaatreëls in plek het nie.

Intussen het die lewendehawebedryf die afgelope maande verskeie uitdagings ervaar. Volgens die Landbousakekamer van Suid-Afrika se Wandile Sihlobo, was daar ook 'n afname in die vraag na rooivleisprodukte aangesien verbruikers eerder goedkoper proteïen gekies het weens finansiële druk.

EN 

Bloemskou is volstoom aan die gang by die skougronde met verskeie aktiwiteite vir die hele gesin. Landbouers kan vandeesweek uitsien na lewendehawe kampioenskappe soos Brahman en Angus provinsiale kampioenskap, en vele meer. Die 140ste viering van Bloemskou het Donderdag begin en duur voort tot Saterdag 6 Mei.

OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.