On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Begroting is onvoldoende vir kommersiële landboubedryf

───   10:56 Wed, 10 May 2023

Begroting is onvoldoende vir kommersiële landboubedryf | News Article

“Die Minister van Landbou, Thoko Didiza, se begroting vir die volgende jaar fokus weereens op die ontwikkeling van die bestaansboere, eerder as op die ondersteuning van kommersiële boere.”

Hierdie beswaar word geopper in ’n mediaverklaring wat TLU SA Dinsdag uitgereik het. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê dit is moeilik vir die kommersiële boere om positief te bly terwyl die staat hulle in geen opsig ondersteun nie.


Didiza noem in haar begrotingsrede dat slegs 9% van die landbou-uitsette deur opkomende boere geproduseer word. Sy verwys egter geensins na bystand aan kommersiële boere, wat al vir jare en generasies lank sorg vir kos op die meerderheid van Suid-Afrikaners se tafels nie.

TLU SA het begrip vir belegging in die ontwikkeling van nuwe boere en bied al vir jare lank aan om kennis en ervaring hieroor te deel. Dit moet egter nie ten koste van die kommersiële boere wees, wat reeds onder moeilike omstandighede en groot finansiële laste gebuk gaan nie.

Fokus op bystand van kommersieel winsgewende boere eerder as ekonomiese herstrukturering, is noodsaaklik vir die ontwikkeling en volhoubaarheid van die landbousektor. Deur die grootste gedeelte van ‘n R17 miljard-begroting verkeerd aan te wend, word die voedselsekerheid in die weegskaal geplaas.

Om sy punt te staaf, wys Van Zyl daarop dat R50 miljoen die afgelope jaar bestee is op die ontwikkeling van 24 sitrusboere. Slegs ses miljoen van die 128 miljoen bokse sitrusvrugte is uiteindelik deur hierdie boere uitgevoer.

TLU SA sluit sy betoog af met ‘n ernstige beroep op die regering om aandag te begin skenk aan markkragte wat nie slegs die winsgewendheid van kommersiële boere nie, maar ook die beskikbaarheid van voedsel bepaal.

OFM Nuus/Elsabé de Jager


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.