On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Styging in Suid-Afrikaanse saadpryse oor afgelope jare

───   ELSABÉ RICHARD 08:28 Thu, 25 May 2023

Styging in Suid-Afrikaanse saadpryse oor afgelope jare | News Article
Kobus Meintjes, kommersiële bestuurder van Bayer in Suid-Afrika.

Saadpryse het oor die afgelope paar jare met sowat 4 tot 6% gestyg.

Kobus Meintjes, kommersiële bestuurder van Bayer in Suid-Afrika, sê pryse is egter vanjaar met 21% gelig omdat insetkoste verlede jaar die hoogte ingeskiet het met die produsering van saad.

Impak van Rusland se inval in Oekraïne

Volgens Meintjes het Rusland se inval in Oekraïne 'n invloed op kommoditeitspryse gehad. 

"Die graanprys was baie hoog, dIe kostes van sekere insette soos kunsmis en chemikalieë was baie hoog en energiekostes was ook baie hoog.

“Die enigste gedeelte waar ons wel ’n bietjie teen wisselkoerse verskans is. Byvoorbeeld omdat ons hier ’n Suid-Afrika produseer, het ons nie ’n wisselkoers impak nie, maar definitief het [die] inval ’n groot impak gehad op die landbou oor die algemeen maar ook op die invloed op saadpryse.”

Luister na die volle onderhoud hier:

Kanolasaad

Intussen het produsente dit moeilik gevind om kanola-saad te bekom. Graan SA se Christiaan Vercueil sê alle kanolasaad wat in Suid-Afrika aangeplant word, word vanaf Australië, Kanada, Suid-Amerika of Europa ingevoer. "As gevolg hiervan maak dit die voorsiening van ’n voldoende hoeveelheid saad ’n uitdaging.

"Geen kanolasaad word plaaslik vermeerder nie – saadmaatskappye meen dat die plaaslike mark te klein is daarvoor en dat die vermeerdering van bastersaad, wat die grootste persentasie van die mark beslaan, te duur is. 

"Maatskappye meen ook dat die isola­sievereistes van sulke vermeerderings van so ’n aard is dat dit vir Suid-Afrika se relatiewe klein area nie prakties moontlik is nie. "

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.