On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Swakker rand, stabiele Australiese mark lei tot positiewe resultate op wolveiling

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 02 Jun 2023

Swakker rand, stabiele Australiese mark lei tot positiewe resultate op wolveiling | News Article
FOTO: Surene Palvie/Pexels.

Die swakker Suid-Afrikaanse Rand, tesame met ‘n meer stabiele Australiese mark, het positiewe resultate tydens vandeesweek se wolveiling tot gevolg gehad.

Senior wolbemarker by OVK, Heinrich Victor, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,7% vir nie-RWS en 1,2% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling, en teen 'n skoonprys van R167,44/kg en R182,36/kg onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 3 179 bale aangebied, waarvan 94,81% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R178,10/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot CH van 17.7 mikron, uit die skeersel vanuit MP Hayward, vanuit die Noupoort-distrik.

“Die koper was G Modiano,” deel Victor.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is vir 7 Junie geskeduleer.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.