On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Departement skuif sperdatum vir verklaring van loonopgawes

───   ELSABÉ RICHARD 14:06 Mon, 12 Jun 2023

Landbounuus: Departement skuif sperdatum vir verklaring van loonopgawes  | News Article
FOTO: Mikhail Nilov/Pexels.

Die sperdatum vir die aanlyn verklaring van produsente se loonopgawes is uitgestel tot einde Junie.

Work Accident Support se Stephan Pietersen sê die Departement van Indiensneming en Arbeid is genoop om die sperdatum, wat aanvanklik 31 Mei was, te skuif wees tegniese probleme met sy aanlyn stelsel.

Die Wes-Kaapse departement van landbou sê hy verwerp rasgebaseerde kwotas vir die toekenning van waterlisensies soos vervat in die departement van water en sanitasie se hersiene regulasies oor watergebruiklisensies. Wes-Kaap landbouminister Ivan Meyer sê hulle ondersteun 'n behoefte-gebaseerde benadering pleks van 'n ras-gebaseerde benadering by die toekenning van waterlisensies.

Intussen sê Agri Noord-Kaap-president, Nicol Jansen, die Departement van Water en Sanitasie het behoorlik 'n kat in die duiwehok losgelaat met die publisering van voorgestelde wetlike vereistes vir toekomstige waterlisensies. Dit vereis tot 75% swart Suid-Afrikaanse aandeelhouding. Jansen sê die regulasies kan lei tot duurder kospryse.

Noordwes se sambreelbrandbeskermingvereniging maak brandbane in verskeie dele van die provinsie. Die verenging sê dis om die skade van veldbrande op plase en infrastruktuur te beperk. Brande in Noordwes en die aangrensende Noord-Kaap en Vrystaat het die laaste jare duisende hektaar veld verwoes en gelei tot veeverliese.

Kleinveeboere in dele van die Vrystaat, waaronder Wepener en Fauresmith, word gewaarsku teen binner-koue. Die SA Weerdiens raai hulle aan om eerder skape nie gedurende uiterse koue dae te skeer nie weens die gevaar van hipotermie. Produsente moet ook toesien dat hul vee in die wintertyd behoorlike beskutting het.

EN 

Noord-Kaapse dorper-stoetteler, Charl Saunderson, moedig boere aan om studiegroepe te vorm om boerdery-kennis te deel. Hy sê dié groepe kan voordelig wees vir opkomende sowel as kommersiële boere.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.