On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 26 Jun 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: DESPIERRES Cécile/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het sedert die vorige verhandelingsdag met 1,58% gedaal. Die opwaartse lopie van die laaste week het sy spoed verloor.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met effense afwaartse tendense verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak het vir lewering in Junie 2023 het met R25/ton (-0,64%) gedaal en teen R3 885/ton gesluit. Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Junie 2023 met R28/ton (-0,70%) gedaal en teen R3 980/ton gesluit.
  • Vir die week geëindig 16 Junie is 'n totaal van 90 359 ton mielies uitgevoer. Witmielie-uitvoer het altesaam 7 792 ton beloop, meestal na Botswana (77%). 
  • Totale witmielie-uitvoer vir die seisoen is tans 71 844 ton, dit is slegs 8% van die geprojekteerde uitvoer vir die 2023/24-bemarkingsjaar. 
  • As ons agt weke vorentoe kyk, is daar geen projeksies vir diepsee-vaartuie nie.
  • Witmielie-uitvoer moet pas optel om aan die geprojekteerde uitvoer vir die seisoen te voldoen. Per week moet 18 403 ton uitgevoer word. 
  • Geelmielie-uitvoer het altesaam 82 567 ton beloop, meestal na Suid-Korea (36%) en Taiwan (34%). Totale geelmielie-uitvoer vir die seisoen is tans 448 966 ton. Dit is 21% van die geprojekteerde uitvoer vir die 2023/24-bemarkingsjaar. 
  • Tot einde Junie sal drie uitvoervaartuie (+/- 165 000 ton) na verwagting uitgevoer word. Vir Julie sal nog nege vaartuie (+/- 423 000 ton) na verwagting uitgevoer word.

Mieliepryse: Vrydag, 23 Junie/Graan SA.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste verhandelingsmaand het afwaarts verhandel met 0,94% sedert die vorige verhandelingsdag.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met skerp afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike mark het hierdie week die opwaarste tegniese tendens van CBOT kontrakte gevolg, maar CBOT-pryse het Donderdagaand weer afwaarts verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Junie 2023 met R134/ton (-1,66%) gedaal en teen R7 962/ton gesluit.
  • Vir die 2023/24 bemarkingseisoen is 31 668 ton sojabone uitgevoer, meestal na Viëtnam (87%) en 'n paar kleiner hoeveelhede na Maleisië (8%), Zimbabwe (4%) en Mosambiek (1%). Gesprekke neem toe oor uitvoerbesendings deur Oos-Londen en die Maputu-hawe. Die meerderheid sojabone moet egter nog vanaf September uitgevoer word.

Sojaboonpryse: Vrydag, 23 Junie/Graan SA.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het opwaarts verhandel met 0,63% sedert die vorige verhandelingsdag.
  • Senuwees oor oeste en die Swart See-situasie ondersteun tans pryse. Dit sal in die komende weke steeds markte aandryf.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met opwaartse tendense verhandel. Die Junie 2023 koringkontrak het met R35/ton (+0,52%) geklim en R6 740/ton gesluit.
  • Vir die week wat op 16 Junie geëindig het, is slegs 8 989 ton koring ingevoer, uitsluitlik uit Litaue. Die huidige koringinvoertempo klop die vorige seisoene en in lyn met die vyfjaargemiddelde. Invoerbesendings is vertraag, veral in die Durbanse hawe weens 'n oorlaaide reeks en reën.

Sojaboonpryse: Vrydag, 23 Junie/Graan SA.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.